advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/06/20

Verwys: 1897

Hi Doc.

Ek het vanoggend met 'n skok ontdek dat ek bykans 2kg in 3 dae se tyd opgetel het en dat my enkels, hande en bolyf lyk of ek vog terug hou.

Ek het nog so 7 van die BURIMEX K pilletjies gevind wat Kardio vir my net na die op voorgeskryf het en ek het vanoggend weer daarvan begin neem. My laaste PRO BNP telling was 218 maar Kardio het verduidelik dat hy eers bekommerd raak as dit oor 1000 is.

Vir die afgelope week is dit nie meer net 'n sinus tagikardie nie, maar kry ek tye wat my pols onreelmatig is (ekstra sistole?).

Is vog retensie in hierdie stadium van die post-op tydperk normaal? (week 10) Kan dit dalk verband hou met die feit dat ek al vir 2 maande+ met 'n HR van 100-130 sit?

Dankie vir die raad, soos altyd :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Ek stel voor dat jy 'n afspraak met jou kardioloog maak om vas te stel of jy nie weer hartversaking het nie, aangesien dit 'n teken daarvan is. Hartversaking = water retensie en vinnige onreelmatige hartklop.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement