advertisement
Question
Posted by: Ampie | 2009/04/06

Vertigo

Dit voel partykeer of ek op ' n boot loop wat in rowwe seewater is. Veral wanneer die oppervlak waarop ek loop baie " bestreep"  is. Ek raak ook dan naar en dit voel of my oë  wil uitbars - asof iets dit uitdruk of trek. Ek raak ook ontsettend moeg. Dit voel partykeer of ek oor iets kyk en asof ek nie kan sien waar ek my voete moet neersit nie. Ek kan nie TV kyk wanneer iemand met die kamera hardloop nie en ek moet meestal na mense kyk wanneer hulle met my praat. Dit is asof die woorde nie heel by my brein kom wanneer ek nie hul lippe lees nie. My eustachiese buise gaan ook oop wanneer ek baie moeg is. Veral die regterkantste een. Hierdie is vir my ' n baie groot probleem. Die dokters het al my suiker getoets en ek weet nie nog wat alles nie. My seuntjie is nou by ' n kinder kinetikus en hy het hom gediagnoseer met " ooraktiewe sensoriese sisteem" . Hy raak aan die slaap wanneer hy te veel heen en weer gedraai en geswaai word. Hy is 6. Kan u my asseblief help? Baie dankie solank.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ampie
Dit klink vir my of jy vertigo kry - dit is baie keer as gevolg van 'n abnormaliteit in die binne oor en 'n oor neus en keel spesialis is die persoon wat jy moet sien. Hulle moet kyk of 'n behandelbare oorsaak gevind kan word en gewoonlik kan mens medikasie gebruik om te help hiervoor. Jy moet ook 'n gehoortoets kry.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement