advertisement
Question
Posted by: been -af | 2009-02-11

Vertaal x-strale in afrikaans asb.

Hallo dr. Ek het x-trale van my linker knieg geneem, maar verstaan nie wat dit beteken nie, hier volg die verslag " hier is dan tekens van non-uniforme gewrigspasie vernouing van die mediale tibio - femorale kompartement teenwoordig met ook vernouing van die patello femorale kompartement. Hierdie is dan aanduidend van vroee degeneratiewe verandering. Ek is nou 31 jaar oud, en het twee knie operasies gehad. My knieg bly onder my uitswik te midde daarvan dat ek fietsry en oeffening doen om my spiere sterker te maak. My knieg is nie opgeswel nie, maar dit pyn elke dag. soms word ek in die aand wakker van hoe dit pyn. help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Been-af
Dit beteken dat die gewrig skade gekry het agv van gebruik (slytasie) en nou is daar vernouing van die gewrig meer aan die een kant as aan die ander kant. As jou knie bly swik het jy waarskynlik ook 'n geskeurde ligament of ligamente in die knie en oefening kan dit dalk net vererger. Sien jy 'n ortopediese sjirurg hiervoor?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement