advertisement
Question
Posted by: Lienks | 2008/09/16

Verstuite vinger

Haai Dr

Ek het so n rukkie terug aan u geskryf oor n stywe vinger wat ek so 3 maande terug " gesprain"  het. U het gese ek beter by n ortopeed uit kom. Ek het een laas week gesien. Hy het gese hy gaan nie opereer nie omrede my vinger stywer sal wees. Hy het my n oefening gegee waar ek my vinger reguit hou en net die punt van my vinger moet buig. Ek doen dit elke dag en dis vreeslik seer. My hele kneukel word potblou terwyl ek dit doen. Die laaste paar dae is my kneukel baie seer. As ek hom net baie liggies teen iets stamp, is dit onsettend seer. My vinger was Sondagaand so seer. Selfs die vel was seer. Soos vuur gebrand. Toe buddy tape ek dit. Baie beter gevoel. Maar toe ek dit Maandagoggend afhaal, was dit baie pynlik om die pleister oor my kneukel af te trek. Ek is regtig moeg vir die alewige pyn. En elke keer as ek die oefening doen, voel dit of iets in my vinger kraak. Weet Dr of daar enige iets anders is wat ek kan doen?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lienks
Wat het hy gesê is die probleem met die vinger?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement