advertisement
Question
Posted by: Ongemaklik | 2008/07/17

Verstik

Hi dok,
Ek kom agter dat in die laaste omtrent week, ek baie maklik verstik. Ek sal nog sit en my werk doen in die kantoor, dan verstik ek net (Aan my eie spoeg !) Dit is nie dat ek verstik wanneer iets drink nie (dit gebeur ook en wanneer ek eet) maar meeste van die tyd voel dit net my spoeg gaan die verkeerde rigting. Ek is n ontvangs dame en dit is nogal ongemaklik om die hele tyd te hoes en te stik. Ek is 43 jaar oud en gesond. Geen mediese probleme of verkoues nie.

Baie dankie vir jou tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat 'n afspraak met 'n oor, neus en keel spesialis maak, sodat 'n deeglike ondersoek van jou sinusse, nasofarinks, sowel as jou stembande gedoen kan word. Dit is moontlik dat jy chroniese sinusitis het met 'n post-nasale afskeiding wat dan veroorsaak dat dit voel asof jy verstik.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement