advertisement
Question
Posted by: MeIMe | 2011/02/17

Verslaaf aan lomerig wees

Hi Cyberdoc

Ek is verslaaf aan Betapyn en Sinalco. Die dokter het my al op Fluoxetine en Brazepam gesit, maar ek kan ook nie net een Brazepam ''n aand drink om te kan slaap nie, ek moet twee of drie drink voor ek lekker kan slaap.

Ek is al vir baie lank verslaaf aan Betapyn en Sinalco. Dit is nou al so dat ek maklik 10 Sinalco pille ''n dag drink en 4 - 8 Betapyn pille ''n dag om te kan relax. Ek wil dit nie weer vir my dokter sê  nie, want hy het gesê  as dit nie help nie sal hy my vir ''n week iewers heen moet stuur. Ek kan nie dat mense uitvind ek het ''n verslawing nie.

Wat kan ek doen om dit nie meer te gebruik nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo MelMe
Meeste verslawings ontstaan agv "self behandeling" omdat jy nie lekker voel nie. Die middels gee jou energie, ontspan jou of gee jou meer selfvertroue, en dis hoekom jy dit gebruik. Mens moet die onderliggende probleem behandel (as ek so tussen die lyne lees is jy dalk baie angstig of het jy ook 'n chroniese pyn probleem?)Ek stel voor jy sien 'n spesialis (hetsy psigiater of spesialis by pyn kliniek) om die oorsaak te behandel. Mens kan dan altyd die Betapyn en Sinalco geleidelik begin verminder oor die verloop van 'n paar weke. Op die lang duur gaan jy nierskade opdoen as jy so aangaan, so wees dapper en maak die afspraak!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/17

Hallo MelMe
Meeste verslawings ontstaan agv "self behandeling" omdat jy nie lekker voel nie. Die middels gee jou energie, ontspan jou of gee jou meer selfvertroue, en dis hoekom jy dit gebruik. Mens moet die onderliggende probleem behandel (as ek so tussen die lyne lees is jy dalk baie angstig of het jy ook 'n chroniese pyn probleem?)Ek stel voor jy sien 'n spesialis (hetsy psigiater of spesialis by pyn kliniek) om die oorsaak te behandel. Mens kan dan altyd die Betapyn en Sinalco geleidelik begin verminder oor die verloop van 'n paar weke. Op die lang duur gaan jy nierskade opdoen as jy so aangaan, so wees dapper en maak die afspraak!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement