advertisement
Question
Posted by: Liza | 2008/06/09

Verrykte brood

Watter brood is verryk met yster en ander vitamiene en watter nie? Is die brood wat mens by supermarkte koop wat hulle vars verkoop ook verryk? Is saadbrood verryk. As iemand aan hemocromatose lei, kan hulle die verrykte brood maar eet?<br><br>Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liza
Aangesien alle koringmeel en mieliemeel wat in SA verkoop word, volgens Wet met yster, sink, vitamien A, vit B1, B2 en niasien, foliensuur en piridoksien verryk word, sal alle brood, ook dié wat deur die supermarkte gebak word, ook yster bevat. Saadbrood het gewoonlik die voedingsamestelling op die etiket, so jy sal kan sien of dit yster bevat, al dan nie. Persone wat aan hemochromatose ly, moet dus alle kommersiële brood vermy weens hierdie wetgewing. Jy kan dalk 100% rogbrood eet (die meeste ander rogbrode bevat verskillende persentasies koringmeel) of navraag doen by gesondheidswinkels of hulle koringmeel verkoop wat nie verryk is nie, en jou eie brood bak.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement