advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/01/17

Verlore skapie terug in die kraal

Goeie mô re Dokter

Voorspoedige Nuwe Jaar! So, laaste wat dr van my gehoor het was ek oppad gym toe om te gaan weeg. Wel, ek het 14de Des NIKS VERLOOR nie asook NIKS opgetel nie. Dus, was ek presies dieselfde gewig as die vorige maand. Dit het my baie onder gekry. Ek was baie stout die afgelope vakansie en het net besef, ek lewe net een keer. EK gaan eet wat ek wil (maar in matigheid) en net harder oefening as ek verkeerd eet. Ok, toe werk dit ook nie so goed nie, want ek het niks gegym in die vakansie nie, maar wel ander aktiwiteite gedoen en BAIE huis skoon gemaak.

Nou die nuwe jaars verslag. Het die vorige mooi terug gekom op my Curves oefen plan en het (met die vakansie se etery) 500g verloor. Dis nou nie die 1.5kg waarop ek gaan mik vir elke maand nie, maar dis darem iets. Net ''n lekker motiveerder. Ek het ook so 3cm verloor, waarvoor ek bly is en my BMi is ''n bietjie af.

Ek sukkel die afgelope maand met ''n maag. Die een dr het gesê  hy vermoed ek het ''n " food allergy" , nie dat ek nou iets anders as gewoontlik eet nie, maar ek het gewonder, kan ek myself laat toets daarvoor en hoe?

Geniet die week.

Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Welkom terug! En alles van die beste vir hierdie Nuwe Jaar. Ek is seker dat 99% van alle Lesers soortgelyke ervarings oor die Feestyd gehad het. Daar is nou maar tye in die jaar wanneer dit besonder moeilik is om te oefen en streng op 'n dieet te bly. Dit is dan verblydend om te verneem dat jy weer by Curves is (goed so!), en 500g plus 3 cm verloor het ('n goeie begin!). Volgens jou berig, wil dit voorkom dat jy 'n omgekrapte maag het? Ly jy ook aan diarree of net opgeblasenheid en erge winde? Dit kan deur so baie faktore veroorsaak word - bakteriële of virale infeksies, voedselallergieë of -intoleransie, ensiemgebreke, spastiese kolon, maagswere, galblaasprobleme - die lys is eindeloos. Jy kan gerus die dr vra om jou te laat toets vir voedselallergieë of -intoleransie. Die dr sal jou dan na een van die patologie laboratoriums vir die toetse stuur.
Ek hou duim vas dat jy nie 'n allergie of intoleransie het nie, aangesien dit die lewe nogal kompliseer.
Laat weet hoe dit gaan.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/01/17

Beste Helena
Welkom terug! En alles van die beste vir hierdie Nuwe Jaar. Ek is seker dat 99% van alle Lesers soortgelyke ervarings oor die Feestyd gehad het. Daar is nou maar tye in die jaar wanneer dit besonder moeilik is om te oefen en streng op 'n dieet te bly. Dit is dan verblydend om te verneem dat jy weer by Curves is (goed so!), en 500g plus 3 cm verloor het ('n goeie begin!). Volgens jou berig, wil dit voorkom dat jy 'n omgekrapte maag het? Ly jy ook aan diarree of net opgeblasenheid en erge winde? Dit kan deur so baie faktore veroorsaak word - bakteriële of virale infeksies, voedselallergieë of -intoleransie, ensiemgebreke, spastiese kolon, maagswere, galblaasprobleme - die lys is eindeloos. Jy kan gerus die dr vra om jou te laat toets vir voedselallergieë of -intoleransie. Die dr sal jou dan na een van die patologie laboratoriums vir die toetse stuur.
Ek hou duim vas dat jy nie 'n allergie of intoleransie het nie, aangesien dit die lewe nogal kompliseer.
Laat weet hoe dit gaan.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement