advertisement
Question
Posted by: anne | 2010/11/18

Verloor te stadig gewig

Goeie dag dokter. Ek is 50 jaar oud is post menauposal en weeg op die oomblik 68kg. Ek is baie kort 1.51m en die dokter by wie ek was het vasgestel my ideale gewig is min of meer 57kg. Ek is al vir die laaste 34 dae op ''n dieet wat die volgende behels. Vir 3 dae eet ek net proteine nl. vleis , vis, geen vet melk en kaas. Vir 2 dae Dinsdae en Donderdae eet ek net vrugte en Maandae en Woensdae is dit normale dae waarin jy vrugte, groente en proteiene eet. Ek het die eerste 3 weke 6 kg verloor, maar vir die laaste 13 dae verloor ek bv. 300g en dan tel ek weer 200g op. Ek gebruik ook Aminoliq Fat Burner. Ek kan net nie laer as 68kg kom nie. Ek is baie streng met die dieet en kul GLAD NIE. Eet ek dalk te min? Ek voel fantasties en het baie energie en my Cholestrol vlak het al gedaal, my bloeddruk is baie goed. Wat doen ek verkeerd, het my liggaam dalk ''n plato bereik sodat ek baie sukkel om nog gewig te verloor? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anne
Jou huidige BMI = 29,8 wat in die oorgewig kategorie val. Indien jy jou gewig tot 57 kg kan verlaag, sal jou BMI = 25 wat weer in die normale reikwydte val (18-25). Dit is bekend dat die gebruik van 'n hoë-proteïendieet (die eerste 3 dae van jou verslankingsregimen) tot vinnige gewigsverlies lei, maar dit is hoofsaaklik water wat jy weer sal optel as jy vloeistowwe drink. Die dieet wat jy gebruik is nie gebalanseerd nie en oor die langtermyn kan mens nie voorspel of jy daarmee gaan gewig verloor, al dan nie. Ek wil vir jou aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek dat sy/hy jou huidige kosinname kan evalueer en ook bepaal of jy nie dalk beter sal presteer met 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees. Gereelde oefening soos flink stap, fietsry, swem of touspring vir 30 min of meer per dag, kan ook help om jou metabolisme te stimuleer dat jy gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/11/19

Beste Anne
Jou huidige BMI = 29,8 wat in die oorgewig kategorie val. Indien jy jou gewig tot 57 kg kan verlaag, sal jou BMI = 25 wat weer in die normale reikwydte val (18-25). Dit is bekend dat die gebruik van 'n hoë-proteïendieet (die eerste 3 dae van jou verslankingsregimen) tot vinnige gewigsverlies lei, maar dit is hoofsaaklik water wat jy weer sal optel as jy vloeistowwe drink. Die dieet wat jy gebruik is nie gebalanseerd nie en oor die langtermyn kan mens nie voorspel of jy daarmee gaan gewig verloor, al dan nie. Ek wil vir jou aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek dat sy/hy jou huidige kosinname kan evalueer en ook bepaal of jy nie dalk beter sal presteer met 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees. Gereelde oefening soos flink stap, fietsry, swem of touspring vir 30 min of meer per dag, kan ook help om jou metabolisme te stimuleer dat jy gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement