advertisement
Question
Posted by: Wendy | 2009/02/27

Verloor nie gewig

Hi, ek is 34 jaar oud en het 4 jaar terug op gehou met rook en het sowat 10kg opgetel. Ek het al heel wat dië te gevolg en ek het al ons dokter gaan xien wat toetse gedoen het. Die toetse het net gewys dat my cholestrol hoog was. Ek het my dieë t al so aangepas dat dit basies nou net bestaan uit vrugte en groente. Deur die dag et ek yogurt en vrugte. Saans eet ek my vleis met groete of slaai. My stysel inanme het hek drasties gesny, maar ek verloor nie gewig nie. Ek eet al so vir meer as ' n jaar lank. Kan daar enige ander redes wees hoekom ek nie gewig verloor nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Wendy
Dit is moontlik dat jy steeds te veel energie inneem as jy nie daagliks ook aërobiese oefening doen nie. Het die drs jou getoets vir tiroïed-, insulien- en vroulike hormoon wanbalanse? Indien nie, is dit moontlik iets soos insulienweerstand wat jou gewigsverlies belemmer. Ek wil aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal moet kyk of jy wel jou energie-inname genoeg inkort en ook vir jou help met jou cholesterol. Aërobiese oefening sluit in flink stap, draf, touspring, swem, fietsry, roei en dans.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Jean | 2009/02/27

Wendy dalk eet jy te min. ek het ook so stil gestaan vir ' n lang tyd, maar die instrukteur by Curves het my ' n dagboek laat hou, en dit het geblyk dat ek te min eet. dalk moet jy ook vir diet dock neer sit wat jou eetplan vir die dag insluit. water moet gedrink work en oefening moet ook gedoen word.
hoop jy vind gou uit wat die probleem is.
die is ' n moelike pad die jong.

Reply to Jean

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement