advertisement
Question
Posted by: Magda | 2010/10/13

Verloor glad nie gewig????

More Dokter

Ek is oorgewig en het nou al alles probeer ek is baie streng met myself en is op die oomblik op Herbal Life ek shake oggend en middag en in die aand dan eet ek iets gesonds, en ek verloor absoluut niks waar kan ek vir toetse gaan is daar nie iets fout met my nie ek het al my skildklier getoets en daar was amper niks fout een dr het gese ek het te veel suur in my liggaam ander se dit kan my Leptin wees ek weet nie meer ek is raadop waar kan ek vir n deeglikse toets gaan.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Magda
Daar is verskeie faktore wat kan bydra wanneer 'n persoon nie gewig verloor nie. Ek sal aanbeveel dat jy 'n volledige hormoonondersoek by 'n Endokrinoloog (vra die huisarts om jou te verwys) laat doen, aangesien jy moontlik aan Polisistiese Ovariale Sindroom (PCOS) en/of insulienweerstandigheid (IW) ly. Indien die toetse aandui dat jy wel hierdie probleme het, sal die Endokrinoloog raad gee oor medikasie. Jy kan gerus ook vir die spesialis vra oor leptien. Indien jy wel aan PCOS of IW ly, dan moet jy asb 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help met 'n lae-vet, lae glisemiese indeks (GI) dieet. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om gewig te verloor en jou insulienvlakke te normaliseer. Dit is ook belangrik om elke dag te oefen want dit help om wisselvallige insulien- en glukosevlakke te stabiliseer. Kies 'n oefening waarvan jy hou (bv. flink stap, fietsry, swem, touspring, ens) en probeer om elke dag ten minste 30 min te oefen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/13

Beste Magda
Daar is verskeie faktore wat kan bydra wanneer 'n persoon nie gewig verloor nie. Ek sal aanbeveel dat jy 'n volledige hormoonondersoek by 'n Endokrinoloog (vra die huisarts om jou te verwys) laat doen, aangesien jy moontlik aan Polisistiese Ovariale Sindroom (PCOS) en/of insulienweerstandigheid (IW) ly. Indien die toetse aandui dat jy wel hierdie probleme het, sal die Endokrinoloog raad gee oor medikasie. Jy kan gerus ook vir die spesialis vra oor leptien. Indien jy wel aan PCOS of IW ly, dan moet jy asb 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help met 'n lae-vet, lae glisemiese indeks (GI) dieet. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om gewig te verloor en jou insulienvlakke te normaliseer. Dit is ook belangrik om elke dag te oefen want dit help om wisselvallige insulien- en glukosevlakke te stabiliseer. Kies 'n oefening waarvan jy hou (bv. flink stap, fietsry, swem, touspring, ens) en probeer om elke dag ten minste 30 min te oefen.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.