advertisement
Question
Posted by: Michelle | 2008/08/25

verkou/griep simptome elke saterdag

Ek het die afgelope paar maande vreeslik sinus.. of so dink ek. My neus is omtrent permanent geblok. Ek kry ook gereeld hooikoors en drink telfast 180 daarvoor. Ek was by die apteek om vir my iets te kry, aangesien die sinutabs geen verskil gemaak het nie. die apteker het toe net weer vir my die generiese pilletjie van telfast gegee.

Ek is ook besig met ‘ n nael kursus en het agtergekom (in die lasste twee maande of so) dat elke keer as ek by die naels was kom ek siek daaruit > >  met ‘ n hoes en my bors is benoud en dan is my neus eers erg. Ek dog toe dit is omdat die aircon daar aanis en dis winter en so. Maar Saterdag was daar geen aircon aan nie, en toe ek 2uur by die huis land begin ek hoes. Die laaste twee Saterdae was dit nou regtig erg. Dit voel kompleet asof by bors toe trek en ek sukkel om lekker diep asem te haal. En dit laat my regtig sleg voel… soos ‘ n griep.

Vandag is dit nou weer beter, maar ek hoes nog so effens met die geblokte neus.

Nou wonder ek, is dit dat ek siek is of kan dit weer dat ek nou ‘ n ‘ n allergiese reaksie van al die nael stoffies kry? Ek is al 2 jaar besig met die naels en het nog nooit sulke reaksies gehad nie, maar ek weet ook nie of dit kan wees dat die tipe produkte wat ek nou gebruik dalk nie werk nie.

Is dit moontlik om vir my raad te gee hieroor of is dit beter om dr toe te gaan as dit weer gebeur - dat mens die simptome en alles duidelik kan sien?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Michelle
Dit klink vir my of die chemiese stowwe by die naelkursus ( kan dalk die akriel of ander vlugtige stowwe wees) jou tog irriteer. Kan jy met 'n maskertjie werk? Probeer Beclate aqeous neussproei 2x per dag - maar wees geduldig dit gaan eers na 'n paar dae begin werk. Probeer Dilinct stroop vir die toe bors en hoes. Kyk hoe dit gaan, as dit nie beter word nie laat jou dokter liewer kyk.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement