advertisement
Question
Posted by: Maritza | 2011-09-08

Verkoue medikasie

Ek en my man het besluit om te begin met ''n gesin. Hierdie sal die eerste maand wees wat ons probeer. Die eerste dag van my laaste menstruasie was 27 Augustus. Ek het die afgelope week verkoue/hooikoors. Ek het verskeie verkoue produkte (Sinutab, Rhinex, ens.) gebruik asook Medifed hoesstroop en vandag het ek Flomist in my neus gespuit. Sal dit veroorsaak dat my " cervical mucus"  (ken nie die Afrikaans nie) opdroog en ek nie swanger kan word nie? My siklus is 28 dae en as ek dit reg het moes ek nou al " cervical mucus"  gehad het, maar nog niks.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Maritza

Die verkoue en griep medikasie het net 'n effek op die slymvliese van die boonste respiratoriese sisteem. Vir die griep stel ek streng bedrus en goeie hidrasie voor.

Sterkte




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement