advertisement
Question
Posted by: Pollie | 2008/07/03

Verkoue, griep, longontsteking

Hoe weet 'n mens wanneer jy nou verkoue, griep of longontsteking het? Verduidelik asb. die 3 verskillendes met hul simptome en toetse wat gedoen kan word om te onderskei.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pollie
Verkoue is 'n siekte wat veroorsaak word deur 'n virus in jou boonste lugwee - jy het gewoonlik 'n waterige loopneus, nies, keelseer en hoofpyn - al die simptome is bokant jou nek.
Griep word ook deur 'n virus veroorsaak maar tas die hele lyf aan - gewoonlik het jy koors, lyfseer, waterige loopneus, droee hoes, keelseer , hoofpyn en voel jy moeg en pap.
Longonsteking kan deur 'n virus of bakteriee veroorsaak - dit is wanneer die longweefsel aangetas word, mens het hoes wat van droog tot slymerig kan wissel, geel groen of bloederige slym produseer, gewoonlik koors, pyn in die longe, kortasem met vinnige asemhaling en soms kan 'n deel van die long so erg aangetas word dat 'n lob kollabeer en glad nie suurstof kan inneem nie.
Griep en verkoue is kliniese diagnoses - die dokter ondersoek net. Daar is bloedtoetse vir griep maar dit vat so lank dat jy al gesond is teen die tyd dat die uitslae kom!
Longontsteking word gewoonlik met x/strale en sputum MKS gediagnoseer nadat die dokter die longe ondersoek het.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

13
Our users say:
Posted by: Natasha | 2016/07/26

Hallo my bors brand en is baie seer asvek hoes my lyf is ook seer en het hoofpyn hoes heeltyd. Kan dit longontsteking wees of net griep

Reply to Natasha
Posted by: Lee | 2016/07/24

Hey ek is opsoek na raad ,ek is 26 weeke swanger my man is ge diagnoseer met brongites. Ek is amper oortuig ek het dit by hom oor geneem .Ek het n kort aan asem haling en n nat hoes, kop wat wil ontplof my hele lyf is seer , ek nies en sit met n loop neus my koors was omtrent 37°c . enige raad asb ???

Reply to Lee
Posted by: Anette Greeff | 2016/07/14

More, My dogter is gediagnoseer met Bronghitus. sy is op n kursus antibiotika. Sy het vreeslik pyne in haar bors en kan nie asem kry nie. sy word net sieker en sieker. sy het geen krag nie en se sy voel sy versmoor. Sy het ook 2 keer inspuitings gekry by die dr Moet ek haar laat opneem. Dankie

Reply to Anette Greeff
Posted by: Marlene | 2016/02/08

Kan jou liggaam afhanklik raak van bv asmapompies?

Reply to Marlene
Posted by: Anonymous | 2015/05/27

Hallo. Ek hoes baie. Dit is so kielierige gevoel in my keel, en my neus loop. Wat kan dit wees

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/05/12

Ek het seer as ek asem haal borskas en rug, my lyf is seer en ek nies. Keel is seer, nou en dan hoofpyn. As ek baie loop is ek moeg en pap. Wat is dit?

Reply to Anonymous
Posted by: hilda | 2015/05/12

Hi ek ht hartversaking en depressie ht skielik siek geword neus ht gebrand nou is di een neus gat bot toe dan oop en loop dan weer toe en so wissel dit,my brs krap baie en ht n nat hoes en slym op di bors kort van asm en bors is kor kort toe,ek hoes so dat ek my self bietjie bietjie nat maak van al di gehoesery is voel my long seer dis nou my derde dag van siek wees!Wat se siekte ht ek groot asb ek is baiee bang vi Longontsteking!

Reply to hilda
Posted by: Nicolene | 2015/04/29

Ek wil net graag Weet Ek het n droe hoes en waterige loop neus en keel seer my lyf voel seer en pap Wat het Ek

Reply to Nicolene | 1 comment (hide)
Posted by: Bennie Wolmarans | 2015/05/06

Hi Nicolene Jy het griep want al jou simptome verwys terug na griep.

Posted by: Anonymous | 2014/07/26

Ek wil ook net graag 'n vraag vra. My dogter het begin met sinisitus en later erg begin hoes, Sy het 'n kursus antibiotika gebruik en voel beter, maar hoes nog erg. Sy word erg duiselrig en wil flou word, (wat baie ongewoon is!) gedurende inspanning. Ek is bang vir longontsteking, hoe sal mens weet of dit longontsteking kan wees?

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2014/02/26

Dankie vir die vraag en antwoorde,ek wil net graag ook iets vrae asb. Ek het baie gehoes,toe raak dit minder en het beter gevoel, maar nou sit ek met 'n seer rug (net aan die regterkant) en as ek hoes dan voel dit of kramp. Kan dit longonsteking wees?

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2013/07/31

JY KAN DAAI WOORDE MAAR GAAN GOOGLE. IF GOOGLE CAN'T FIND THE ANSWER IT IS NO QUESTION!!

Reply to Anonymous
Posted by: Chris | 2013/03/15

Baie dankie vir alle interessante antwoorde, maar net n vriendelikke versoek asb. Ons is leke op die mediese gebied en verstaan dus nie die bewoording wat altyd gebruik word nie. Wat is die moontlikheid dat u meer verstaanbare woord kan gebruik en nie mediese woorde nie? Soos bv "sputum MKS" wat is dit? "Kollabeer" wat is dit? . Baie dankie

Reply to Chris

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement