advertisement
Question
Posted by: Willem | 2011/05/04

Verkoue al 6 weke lank!

Dr Bets,
Ek het nou al vir 6 weke lank ‘ n sinus/verkoue ding. Ek was nog nooit lê  siek nie, maar ek praat al die afgelope 6 weke in ‘ n “ blik” . Ek het al twee kursusse atibiotika gedrink, maar niks…  My medisyne geskiedenis lyk as volg:
Week 1 : besoek Dr, kry antibiotika vir boonste lugweg infeksie. Dr beveel aan as ek nog nie heeltemaal reg is na pille, moet kom vir celestone inspuiting. Kry dit gewoonlik, want ek is ‘ n erge hooikoors man… 
Week 2 : Kry celestone inspuiting (ek dink hierdie was ‘ n fout, want alle infeksie was dalk nog nie opgeklaar..?)
Week 3-4: Steeds verkoue simptome met baie toe neus en soms effens koorsig. Ek drink toe maar goed soos Linctagon. Het tot die kruie-apteek hier in die Paarl gaan opsoek...
Week 5: Besoek weer Dr, kry weer antibiotika (Ketek 400mg). Hoes baie slym en neus is ontsettend toe en eenkant van my gesig baie seer (sinus tipe seer). Die aand besluit ek om sommer ‘ n koppie soutwater op te snuif. Die volgende dag (was ook die einde van die kursus antibiotika) begin my neus so ‘ n dik geel/groen afskeiding maak wat ‘ n dag later bloederigheid bykry. Dit was die snaakste storie –  as my neus begin loop, hou dit aan vir 5 min+, alles geel/groen (en bloedrigheid by) asof ‘ n abses oopgaan. Dit het gewoonlik so twee/drie keer ‘ n dag gebeur
Week 6: Ek is nou so drie dae klaar met die laaste antibiotika en steeds het ek dieselfde simptome, maar die afskeiding is baie beter/minder. Ek moet sê  ek voel al beter en slaap al beter in die nag, maar ek is nog ver van reg af. Ek kry nog erge sinus tipe hoofpyne hier teen die middel van die dag wat aanhou tot vanaand. Ek raak nog steeds kort asem as ek net effens vinning teen trappe opklim. Ek drink nou maar Vitathion as aanvulling en blaas my neus gereeld.
Moet ek weer die dr besoek? 6 weke is darem bietjie lank vir ‘ n gewone verkoue, daar moet iets wees soos ‘ n erge sinus onteking en iets wat ook my bors ook effens aantas.
Ek is 34, rook nie, glad nie oorgewig en was superfiks voor die petalje… 

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Willem

Jy het baie duidelik 'n kroniese sinusitis en 'n erge post-nasale afskeiding. Aangesien die behandeling tot op datum nog geen daadwerklike verskil gemaak het nie, stel ek voor jy vra jou dokter vir 'n verwysing na 'n oor-, neus en keelspesialis, sodat die oorsaak gevind kan word en jy die korrekte behandeling kan ontvang.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement