advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-08-13

Verkoue?

Hi Doc,

Hierdie nuwe site is sommer simpel, hê ? Gooi ' n mens sommer vir niks uit en jy moet ver afscroll vir die posts... ek sien Anxious het ook op ' n stadium ' n aanmerking daaroor gemaak. Kan ek ook dalk ' n epos vir die Administrator stuur? Sal dit help sodat hulle die site reg sal maak?

Intussen het die winter-piep my ook beetgekry. Ek sukkel al vir so meer as ' n week - eers net ' n seer keel en geswelde kliere gehad en nou is dit hierdie aaneenlopende neus (waterig maar sommer liters van die goed), hoofpyn, lyfseer en nogsteeds die kliere.

Ek het nou al vir ' n paar dae lank SINUSTAT en selfs ALLERGEX probeer, maar geen verbetering nie.

Is dit nodig om dokter-toe te gaan, of is daar ander OTC medikasie wat ek kan neem?

Dankie, soos altyd :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Jy kan gerus 'n briefie vir die administrator stuur!
Hoe gaan dit deesdae met jou en die hartkloppings? Het lanklaas van jou gehoor so ek hoop dit gaan goed! As jy nie koorsig is nie, en die slym is nie dik en geel nie, kan jy nog maar met OTC behandel - drink Viral Choice C twee keer per dag, spoel jou neus met sout water ( 1/2 teelepel op 'n koppie water), drink Panado vir lyfseer en gorrel met soutwater of spuit Andolex spray in jou keel. Bly in die bed as jy lyfseer is, dit vat so week om oor die ding te kom minimum en met jou hart moet jy nie kanse vat om miokarditis te kry nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement