advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2010/06/10

Verkleining van borste

Dr Bets

Ek is ''n 32 jarige vrou - geen kinders. Ek is op geen voorbehoedmiddel nie, aangesien ek nie seksueel aktief nie. Ek is gesond en het geen vorige siektes gehad behalwe die gewonde griep verkoue en seisoenale allergiee nie. Ek neem geen medikasie behalwe multivitamiene nie.

Ek is 1.62 meter en my gewig is 52kg en stabiel. My gewig is konstant tussen 50 en 53 kg.

Vorige operasies was herstel van TMJ gewrig op 16 jarige ouderdom.

Ek is ''n persoonlike assistent en werk van die huis af.

My probleem is dat my borste van ''n 32 D na ''n 32AA verklein het oor ''n periode van 2 maande. Volgens my dokter is die fisiese ondersoek normaal en het hy die volgende bloedtoetse gedoen: TSH, T4, FSH, LH en E2. Hierdie uitslae was normaal vir dag 7 van my siklus, maar let wel dat ek ''n ongereelde siklus het.

Ek spot gewoonlik vir 5 dae voor my eintlike menstruele siklus en dan is die bloeding baie erg met krampe op die eerste dag en daarna baie lig vir 5 dae daarna.

Kan u asseblief advies gee oor hoekom my borste soveel verklein het in so ''n kort periode.

By voorbaat dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anoniem
Borsweefsel bestaan uit vetweefsel en kliere, en die enigste rede hoekom borste sal verklein of vergroot is wanneer jy baie gewig verloor of optel, of wanneer daar 'n verandering in jou hormoonvlakke is. Dit mag dalk help as jy vir so 3 maande op 'n hormonale voorbehoed pil gaan - nie vir die voorbehoed effek nie, maar omdat die hormoonaanvulling dalk die tekort aan hormone sal aanvul.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/10

Hallo Anoniem
Borsweefsel bestaan uit vetweefsel en kliere, en die enigste rede hoekom borste sal verklein of vergroot is wanneer jy baie gewig verloor of optel, of wanneer daar 'n verandering in jou hormoonvlakke is. Dit mag dalk help as jy vir so 3 maande op 'n hormonale voorbehoed pil gaan - nie vir die voorbehoed effek nie, maar omdat die hormoonaanvulling dalk die tekort aan hormone sal aanvul.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement