advertisement
Question
Posted by: Silla | 2008/08/22

Verkalking

Ek wil net weet wat veroorsaak verkalking in die skouer? Ek het ' n pynlike skouer en volgens my dokter moet daar ' n scope gedoen word, omdat daar ' n verkalking is. Verduidelik asseblief vir my wat die verkalking is.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Silla,
Die oorsaak van verkalking in die tendons van die skouer is onbekend en word genoem "Kalsifiserende Tendinitis". Die kalsium neerslag in die tendon (sening) van die skouer kan gewoonlik duidelik op 'n X-straal gesien word. Dit is 'n toestand wat uiters pynlik kan wees en die behandeling wissel van inspuitings van kortisoon, sg. "needling", waar die kalsium uitgewas word tot verwydering van die kalsium neerslag d.m.v. artroskopiese sjirurgie. Gelukkig is die behandeling gewoonlik suksesvol. Die probleem veroorsaak nie skade aan die skouer nie en hoef slegs aangespreek te word as pyn dit verg

Sien gerus meer oor die toestand op ons webblad : www.shoulderinstitute.co.za , "shoulder problems", "Calcific Tendinitis"

Groete,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: Anne | 2016/05/18

More, die MRI wys my man se brein aan die regter kant het verkalking, wat se mediese behandeling is daar vir dit?

Reply to Anne
Posted by: Jakes Vermaak | 2016/02/05

Wat is die stadiums van verkalking van die brein? Hoe word bepaal wat is die erns van die verkalking? Kan vorige chemo behandelings van hochkinson limfoomkanker aanleiding gee tot verkalking van die brein? Kan hierdie chemo behandelings retina loslating veroorsaak, asook 'n invloed he op die netwerke van die brein? Indien jou bloedplaatjie telling laag is, moet dit so aanvaar word? Het dit enige invloed op jou liggaam?

Reply to Jakes Vermaak
Posted by: Anonymous | 2016/01/10

Hi, kan jy vir my dalk verduidelik wat is kalsium neerslag in die are? Is dit n te kort van kalsium of te veel kalsium?

Reply to Anonymous
Posted by: Janneman | 2015/10/19

My vrou het die afgelope tyd pins en needles in al 5 vingers van haar hand. In die aand en deur die nag is haar arm verskriklik seer. Sy gebruik sterk pynmiddels om deur die nag te kom. Volgens die dokter wat wag op 'n neuroloog se verslag is dit verkalking en wil hulle haar vir 'n scan stuur. Is dit ernstig of kan dit redelik maklik behandel.

Reply to Janneman
Posted by: Bennie Pietersen | 2014/04/17

Ek word altyd stom gelaat deur dokters wat versuim om hul pasiente oor hul toestand in te lig. Meer nog deur pasiente wat mediese inligting hier en elders soek behalwe by hul dokter! As jou dokter jou nie behoorlik kan inlig nie, waarom is hy/sy dan daar? Jy hert ook 'n verantwoordelikheid teenoor jouself om hom/haar te por vir antwoorde. Dis JOU gesondheid en JOU dokter wat JOU behandel. Sterkte. :-)

Reply to Bennie Pietersen
Posted by: Cathy | 2014/03/11

Daar is tekens van verkalking in my nekwerwels en inflimassie

Reply to Cathy | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2015/01/13

Cathy more ek het dieselfde problem het jy enige oplossing gevind?

Posted by: Wil weet | 2008/11/16

Kan jy vir my sê  wat is verkalking van die haak en wat se behandeling is daar vir dit.

Reply to Wil weet
Posted by: Silla | 2008/08/27

Baie dankie vir die terugvoering Dok.

Reply to Silla

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement