advertisement
Question
Posted by: MaBaker | 2009/02/08

Verhoogde CK vlakke

In 2001 is ek gediagnoseer met polymiositis.So het ons deur die jare gegaan met hoê  dossisse kortisoon po asook iv.Ek het ook hoê  dossisse chemo iv gekry.Op die ou einde het ek by Prograf ge-eindig met erge newe-effekte asook kortosoon ge-induseerde diabetes.2 Jaar gelede het ek self die behandeling gestaak,want ek was besig om my werk te verloor agv die siekte en al die newe-effekte van die medikasie.My CK vlakke het redelik verlaag met die laagste op +/- 480.Die hoogste telling was 18000.Ek het al die moontlike simptome behalwe gewigsverlies.Ek sukkel ook soms om te sluk.Op ' n stadium het ek 18kg in 3mnde verloor omdat ek slegs vloeistowwe kon sluk.My CK vlakke bly nogsteeds hoog(2780).2x MRI' s, 2x Spierbiopsies en 1x Emg was alles neg.' n Prof in rheumatologie by ' n bekende Akademiese hospitaal het my nou met Metaboliese Miopatie gediagnoseer,en gesê  daar is geen behandeling vir dit nie,behalwe simptomaties vir pyn.
Hoeveel metaboliese miopatie siektes is daar,en sal dit die moeite werd wees om uit te vind? Ek is ' n aangenome kind en het dus geen familie geskiedenis nie.Ek is tans 43j oud en vroulik.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo MaBaker
Dis eintlik redelik raar, maar daar is verskeie vorms. Sien http://www.mda.org/publications/fa-metab-qa.html. Gaan hulle dit probeer diagnoseer met spierbiopsies? Het jy enige kinders?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Cyberdoc again | 2009/02/10

Hulle het seker jou bloed getoets vir sekelsel siekte ook? Ek kan nie aan iets anders dink wat jou simptome kan veroorsaak nie.... Mens moet egter jou nie vasstaar teen die verhoogde CK nie - google bietjie myofascial pain syndrome. Dit is ' n abnormale pyn reaksie gepaard met trigger points in sekere spiere. Dalk help dit as jy fisioterapie kry en iets soos Tryptanol 25 mg saans gebruik?

Reply to Cyberdoc again
Posted by: MaBaker | 2009/02/09

Dr Bets
2x spierbiopsies gehad,en als was negatief.Ek' s ongetroud en het nie kinders nie.Skildklier probleme is uitgesluit.Medikasies wat ek moontlik kon neem om die CK te verhoog is uitgesluit. Geen hartprobleme nie.MRI' s x2 was negatief asook ' n EMG.Ons sit net met die verhoogde CK,asook ontsettende spierpyne.Moeilik om na ' n ruk uit ' n stoel op te staan,trappe klim is ' n saak van onmoontlikheid,soms ' n gevoel van ' n knop in my keel wat dit net moontlik maak om vloeistowwe vir ' n paar dae te sluk.Wasgoed ophang is pynlik.
Is dit ' n rare geval ?

Reply to MaBaker

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement