advertisement
Question
Posted by: F.G | 2010/10/05

Vergrote skildklier

Vergrote skildklier is gediagnoseer. Die regterant is 4.7cm x1.7 vergroot en op linkerkant `n paar klein vergrotings. dr. wil dit verwyder. Verduidelik asb wat is moontlike oorsake en is `n operasie regtig nodig. Verstaan nie so lekker nie, want bloedtoetse wys normale tellings, patalogiese verslag sê  binne die raamwerk van EUTIRODISME?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo F.G
Eutirodisme beteken die skildklier hormoonvlakke is normaal. Die indikasies vir 'n tiroiedektomie (verwydering) is gewoonlik:
1. Ooraktiewe skildklier
2. As daar 'n vermoedelike massa is wat dalk 'n kanker kan wees - vir diagnose
3. Om tumore te verwyder
4. As die skildklier so groot is dat dit lelik lyk of op die lugpyp druk
Vra jou dokter om jou die rede vir sy besluit te gee en as jy nie oortuig is dit is nodig nie, kry eerder 'n tweede opinie. Dit is 'n groot en riskante operasie (risiko van bloei of jou stemband senuwees beskadig) en moenie onnodig gedoen word nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Riana | 2016/06/06

Hi Dr my vriendin se seun seskildklier het vasgegroei aan syslagaar mag hul opereer ofwatter raad het u vir my ek van bloem en vriendin se seun in oos londen dankie my epos adres is asvolg Vanniekerkriana62@yahoo.com

Reply to Riana
Posted by: anelize | 2015/02/27

hi dr bets ek wil net graag uit vind ek het n onaktiewe skuldklier en my keel Baie geswel en seer en my skuldklier ook geswel en kan aka at a sluk en het verskruklik hoofpyne en is baie duislig as ek mag vra wat veroorsaak dit

Reply to anelize
Posted by: F.G. | 2010/10/06

Baie Dankie Dr.Bets vir u raad. My gevoel sê  ook vir my moenie oorhaastig wees nie. Die radioloog het ook gesê  moenie dat hulle sommer `n operasie doen nie. Die dr. het aan my verduidelik hoekom dit vergroot, maar ongelukkig was ek te skaam nm my onkunde te openbaar met die mediese terme wat gebruik is. Soos ek verstaa,n is dit selletjies wat nie reg dreineer nie - hoekom ewe skielik - en vog terug hou. Hoekom gebeur dit. Ek is in my menopuase, 55 jaar, is oorgewig, moeg, depressief, het geweldige spanning( werk sowel as die feit dat ons seun gay is), buierig, bros naels, dun hare ens. Is daar medikasie wat voorgeskeyf kan word om vergroting te stop.

Reply to F.G.
Posted by: Cyberdoc | 2010/10/06

Hallo F.G
Eutirodisme beteken die skildklier hormoonvlakke is normaal. Die indikasies vir 'n tiroiedektomie (verwydering) is gewoonlik:
1. Ooraktiewe skildklier
2. As daar 'n vermoedelike massa is wat dalk 'n kanker kan wees - vir diagnose
3. Om tumore te verwyder
4. As die skildklier so groot is dat dit lelik lyk of op die lugpyp druk
Vra jou dokter om jou die rede vir sy besluit te gee en as jy nie oortuig is dit is nodig nie, kry eerder 'n tweede opinie. Dit is 'n groot en riskante operasie (risiko van bloei of jou stemband senuwees beskadig) en moenie onnodig gedoen word nie.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement