advertisement
Question
Posted by: nadene | 2011/02/10

verduidelik asb

lumbaal werwels

1.lumbale skoliose konveks na links
2.klein schmorl nodules
3.daar is geringe vernouing van die L5/S1 diskusspasie
4.wat betekn wortel simptome

verduidelik asb wat alles beteken en wat moet ek doen om trent die probleme is dit erenstig.sal ek nog sport kan doen of nie.het ek enige opreasies nodig
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nadene
lumbale skoliose is ruggraat verkromming in die onderste deel van jou rug. Smorl nodules is kraakbeen wat in die been indruk en die been kan irriteer. Die vernouing van die discus spasie L5/S1 (laag in jou rug) veroorsaak drukking op die senuwee wortel wat na jou been toe gaan en kan vir jou simptome gee in Kuit tot groottoon of agter in jou been af. Operasie is nie noodwendig nodig nie - kan behandel word met fisioterapie en anti-inflammatoriese behandeling vir eers.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Gerda | 2016/01/04

Hallo Dok, Ek het n besering aan diens gehad in 1985, op n gepoleerde 7 vloer gegly en my heup en rug seergemaak. Die S1, L5 werwels knyp n senuwee vas wat veroorsaak dat dit voel soos n magneet wat op my stuitjie sit. My regterbeen word vreeslik lam, my kniee albei plus my rugwerwels nou oste- artritis a.g.v. die ou besering. Been word baie lam as ek loop en rol ek snags baie rond. Ek kannie anti-inflamatoriese middels gebruik omdat ek nierprobleme (nefropatie) ook het. Ek is baie aktief maar omtrent 30 kg oorgewig. Ek sukkel baie om gewig te verloor, weet nie watse oefeninge om te doen om myself verder te beseer nie. Ek was nog nooit uutbetaal vir my besering ook, baie rondgeswerf aantal jare omdat ek nie meer kan werk met my rugprobleem. Kannie n rukkie sit, staan, loop of slaap nie. Ek kry ook pyne in my hakke, tone en hande. Wat staan my tedoen en watse mediese. U hulo word waardeer. Geniet n geseend Nuwe Jaar. Ek is 57 en n v

Reply to Gerda
Posted by: christelle | 2015/06/13

Ek het nie so probleem, het 20jr terug 'n lamonektomi en disektomi op L5 ehad,sederdien is ek in konstante pyn x strale wys glo daar is nie fout, ek het 3. Weke terug 'n aanval iets soos 'n epilepsie alles het gerug en getrek en sederdien het ek weer geweldig pyn op die l5 geen pil help vir die pyn ek loop baie swaar en kan net 5 minute sit maar as ek le dan bedaar die pyn heelwat ek was vir akupunktuur maar dit het ook geen verskil gemaak nie is daar enige ander raad vir my asseblief ek is moedeloos.

Reply to christelle

Posted by: ANCEL EARLE | 2014/09/22

Hallo Ek het presies dieselfde as Nadene maar met die verskil dat ek 7 skroewe 2 penne en 'n Becklegage. My Dr het vir my Lyrica voorgeskryf dit het behalwe vir dronk en van balans en ek het al my verlore slaap ingehaal. Voor die tyd het ek fisio en so 45 naalde maar die spasmas het net 'n bietjie verlig. Ek is na 'n keel neus en oor spes. verwys en agter die oordromme kon hy niks fout vind nie en aanbeveel dat ek met die Lyrica moet aangaan. My skoliose S skoliose en nou het werwels aan die bokant v d penne been op been is, maar die met Lyrica gebruik het die pyn uit die heup en af in die "R'' been is 99% beter. Ek drink Arcocia 90mg af en toe. Groete Ancel Earle

Reply to ANCEL EARLE
Posted by: Retha | 2014/05/09

Hi Doc My MR lees as volg: "Veelvlak laer torakale enn superior lumbale Schmorlnodules. Hemangioom T10 werwelligaam en L4. MODIC III eindplaat sklerose L5/S1." Wat beteken dit alles. Die gevolgtrekking gemaak is dat ek met 'n "Forminale stenose L5/S1" sit. Help seblief, dit is Grieks.

Reply to Retha
Posted by: Lorna | 2011/04/17

Geringe vernouing van L4/L5 spasie met erge vernouing van L5/S1.

My werwel belyding is normaal. Vroee degeneratiewe verandering met osteofiete aan die werwelliggame.

Lae rug pyn kan nie sit of staan nie.

Reply to Lorna
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/10

Hallo Nadene
lumbale skoliose is ruggraat verkromming in die onderste deel van jou rug. Smorl nodules is kraakbeen wat in die been indruk en die been kan irriteer. Die vernouing van die discus spasie L5/S1 (laag in jou rug) veroorsaak drukking op die senuwee wortel wat na jou been toe gaan en kan vir jou simptome gee in Kuit tot groottoon of agter in jou been af. Operasie is nie noodwendig nodig nie - kan behandel word met fisioterapie en anti-inflammatoriese behandeling vir eers.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement