advertisement
Question
Posted by: Jen | 2009/10/09

Verbeterde kanse vir swangerskap

Hallo dr

Ek en my man beplan ' n swangerskap, maar ons wil graag die swangerskap in ' n spesifieke tyd hê . Ek het nou al vir ' n ruk lank my ovulasie dopgehou en het ' n redelike goeie idee wanneer dit elke keer plaasvind. Ek gebruik geen voorbehoedings medikasie nie. Almal het ons vertel dat dit ' n hele ruk vat voor mens swanger raak en om dus vroeg te begin probeer. Ons het so gedoen met ons seuntjie maar ek het in die eerste maand swanger geraak. Dit is juis die rede hoekom ons die tydsbeplanning hierdie keer beter wil beplan want die eerste swangerskap het my werk baie negatief beinvloed en het baie stres vir my veroorsaak.
Wat ek graag wil weet is of daar enige ander maniere is hoe ek my kanse op swangerskap kan verbeter? Ons wil baie graag November of Desember swanger raak. Ek weet baie mense dink dit is selfsugtig om so te praat asof dit so maklik is, maar ons wil nie graag ' n baba te vroeg in dagsorg sit nie. Ons wil ook nou met die volgende swangerskap van ginikoloog verander omdat die nuwe een nader aan my werk is. Moet ek die ginikoloog voor die tyd gaan sien of kan ek maar eers gaan as ek swanger is?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jen
Ek dink dit is goed om 'n swangerskap te beplan, en een van die dinge wat mens kan doen is om te weet min of meer wanneer jy ovuleer. Ongelukkig is daar geen waarborg dat mens met die eerste probeerslag gaan swanger word nie, of dat jy nie 'n miskraam gaan hê nie - as dit maar so maklik soos kar koop was! Maar as jy met die eerste keer maklik swanger geword het is daar geen rede hoekom dit nie weer maklik gaan gebeur nie so as julle nou in Nov en Des probeer en dalk dan maar weer kondome of iets in Jan begin gebruik as niks gebeur nie, is dit omtrent al wat jy kan doen. Jy kan maar 'n ginekoloog gaan sien na jy swanger is, tensy jy weet dat daar iets is wat dalk jou swangerskap gaan bemoeilik soos 'n genetiese probleem of diabetes of so iets.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement