advertisement
Question
Posted by: Lala | 2009/02/03

Veluitslag

Hi Dok

My dogter van 10 het ' n veluitslag. Die knoppies is rooi en party lyk soos klein puisietjies. Die meeste is op haar laer rug na die boude en verder op haar maag ' n paar. Min op arms en bene. Dit jeuk glad nie. Ek was by apteker wat aangedui het dit is ' n bakteriele velinfeksie. Hy het aanbeveel dat ek bactroban aanwend, maar ook genoem dat dit dalk mag nodig wees vir antibiotika. Dit het nie oornag vermeerder nie. Hoe gou sal die bactroban dit opklaar of moet ek maar haar dokter toe neem. Sy het die naweek by ' n maatjie in hulle jacuzzi geswem (warm water) en soos ek verstaan was die water nie te skoon nie. Ek dink maar dit is waar dit ontstaan het, ek mag dalk verkeerd wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

hallo Lala
Jy kan eers die Bactroban probeer - as dit nie beter word na 'n paar dae nie, kan jy dokter toe gaan vir antibiotika - dit klink soos 'n follikulitis
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Matilda | 2009/02/23

My dogter is 16. Vrydag oggend het sy opgestaan met uitslag oor haar neus en onder haar oe en bokant haar borste op haar bors onder die keel en dit jeuk vreeslik, later het dit al meer uitgeslaan oor haar lyf, ek het haar dr toe gevat want dit het gelyk soos masels, die dr het gese dat dit nie masels is nie dit lyk soos virus. Hy het antibiotika voorgeskryf en salf, saterdag het dit al erger geword ek bel die dr en hy se gee die antibiotika kans om te werk en ek moet maandag terug kom as dit erger word. Sondag is dit net erger die uitslag is in haar oe,mond keel ore onder haar voetsole en handpalms ook. Maandag vat ek haar terug dr toe, hy roep n 2de en 3de opinie in, hul skud hul kop en noem dr' s name vir die uitslag maar wil nie kommentaar lewer nie en stel voor daar moet bloed getrek word en wag vir die uitslag wat ons dr doen en skryf kortisoonsalf voor vir die jeuk. Kan u dalk help my kind kry regtig baie swaar sy kry skaam om in die openbaar te verskyn.

Baie dankie
Byvoorbaat
Matilda

Reply to Matilda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement