advertisement
Question
Posted by: Gloudie | 2011/12/19

Velkanker

Hi dokter, my swaer het reeds gevorderde velkanker en het bestraling ontvang (op sy maag en borskas), die bestraling het hom so verbrand dat hulle hom toe op ''n " oxygen"  behandeling geplaas het. Het het ongelooflik baie pyn gehad en nou het dokters besluit daar is niks meer om vir hom te doen nie, het hom slegs tot einde van hierdie jaar gegee. Hy kry tans nie behandeling nie maar maak die wond 2 keer per dag skoon. Volgens dokters is dit nog nie uitgebrei na sy organe nie en daarom glo ons daar moet nog maniere wees waarop dit behandel kan word. Enige voorstelle dalk? Hy woon in die Strand en is naby die nodige hospitale, ons is net oningelig. Wat van die nuwe behandeling Yervoy? Is dit al in SA beskikbaar?
Dankie, sien uit na die terugvoering.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Gloudie

Ek is jammer om van jou swaer se diagnose te verneem. Ek neem aan hy het melanoom velkanker en ek stel voor dat hy 'n dermatoloog en onkoloog vir 'n tweede opinie konsulteer. Ek is weet ongelukkig nie of Yervoy in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar die spesialiste sal hom hiermee kan help.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement