advertisement
Question
Posted by: Keen | 2008-11-27

Velbrand

Hi dok

As jy miskien kan onthou, ek het so ' n tydjie terug vir jou geskryf oor my hoe bloeddruk episode en dat ek baie bekommerd was oor al die medikasie wat die internis my gee. Wel, ek het mos ook ' n branderige sensasie orals op my vel, wat weg was vir ' n hele tydie. (Ek het trepeline, rivotril en glucophage gebruik vir dit). Met die bloeddrukprobleem is ek nou ook op Ziak 5mg en Prexum plus vir omtrent ' n maand al.

So ' n week of wat terug het die velbrandery weer begin terugkom. Al wat verander het is dat die bloeddrukmedikasie bygekom het. Maar dis vir my vreemd want die eerste 3 weke het ek dit gevat en dit het niks aan my vel gedoen nie. Ek sien die internis Dinsdag weer, maar wil nie my bloeddrukmedikasie stop nie, want dis nou mooi onder beheer. Ek is regtig seker daarvan dis die Prexum of Ziak, maar hoe gaan die dokter dit uitpluis? Hy is nie bekommerd oor die velbrandery nie, maar dis vreeslik ongemaklik...voel soos ' n sonbrand sonder enige uitslag.
En ek vermoed hy gaan wil hê  ek moet aanhou met dit. Hoe kan ek vir hom vra om te toets of dit dalk die medikasie is? Kan die medikasie ' n velreaksie of neuropatie veroorsaak?

Die ander vraag is dat my HB1AC (?spelling) is 6 en my gemiddelde glukose vlak is 7. Ek is prediabetes. Is dit nog okay met sulke syfers? Ek sal natuurlik al hierdie goed vir my internis vra Dinsdag, maar sal graag wil weet by jou.

Weereens baie dankie vir jou tyd en moeite dat jy bereid is om te lees en jou insig te gee oor dit. Ek wardeer dit regtig baie.

Groete
Eugene

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keen
Die maklikste manier om uit te vind of dit die medikasie is is om dit te staak vir 'n paar dae en te kyk of die branderigheid weggaan. Het jy al gekyk of dit verband hou met spanning? Jy het dalk 'n baie sensitiewe senuwee sisteem. Mense wat psoriase of ekseem het se simptome vererger ook gewoonlik as hulle meer spanning ervaar. Mens se suikervlakke moet eintlik onder 6 wees vastend, joune is nie rasend hoog nie, maar jy moet maar reg eet en probeer oefen (stap ten minste 3 maal per week) Is jy nog op die rivotril, glucophage en trepeline? Probeer bietjie foliensuur aanvullings neem?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement