advertisement
Question
Posted by: JackieB | 2011/02/14

Vel verkleuring bors area

Goeiemore,

Ek het so 2 jaar gelede begin opmerk dat my bors area rooi raak, so asof ek heeldag in die son was, dit het met tyd begin rooier raak. Dit is nie gevoelig nie, jeuk nie, maar dit die area word groter &  donkerder met meer donker " spots"  tussen-in. Ek het geglo dit is omdat ek daaglik daar parfuum spuit, dus het ek opgehou om daar te spuit ongeveer n jaar terug. Deesdae sit ek ook met 2 gedeeltes op my kopvel wat gedurig jeuk &  dit lyk of ek op die 2 kolle skilfers het, die kolle is omtrent so groot soos n 20cent.


Kan hierdie n " fungal infection"  wees? Indien wel, kan ek iets oor die toonbank kry daarvoor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo JackieB
Dit klink of jy dalk 'n fungus infeksie op die kop het, en dit is beter dat jy 'n dokter sien want jy gaan waarskynlik voorskrif medikasie daarvoor benodig. Die area op jou bors kan van die parfuum wees (kontak dermatitis) Dis reg dat jy ophou het om dit daar te spuit en jy kan dalk iets soos Stopitch room vir die rooierigheid gebruik. So 'n kontak dermatitis kan egter 'n donker verkleuring van die vel veroorsaak wat 'n dermatoloog vir jou kan behandel. Moet asb nie "skin lighteners" oor die toonbank koop en gebruik nie,want dit kan die plek nog donkerder maak weens irritasie.
Dr Bets
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cYBERDOC | 2011/02/14

Hallo JackieB
Dit klink of jy dalk 'n fungus infeksie op die kop het, en dit is beter dat jy 'n dokter sien want jy gaan waarskynlik voorskrif medikasie daarvoor benodig. Die area op jou bors kan van die parfuum wees (kontak dermatitis) Dis reg dat jy ophou het om dit daar te spuit en jy kan dalk iets soos Stopitch room vir die rooierigheid gebruik. So 'n kontak dermatitis kan egter 'n donker verkleuring van die vel veroorsaak wat 'n dermatoloog vir jou kan behandel. Moet asb nie "skin lighteners" oor die toonbank koop en gebruik nie,want dit kan die plek nog donkerder maak weens irritasie.
Dr Bets
dr Bets

Reply to cYBERDOC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement