advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2008/12/16

Vel uitslag

Ek hoop u kan my help sonder om my te sien... ek het vir ongeveer ' n maand lank ' n uitslag op al 2 my bene. Dit lyk soos fyn klein rooi kolletjies (asof ek my ' n paar keer met ' n kopspelt gesteek het) maar ek kan dit nie voel nie - net sien. Dit lyk net so bietjie soos bloedkolletjies. Dieselfde kolletjies begin ook oor my arms te verskyn.

Dit jeuk nie en is nie seer nie. Pla my net, want ek weet nie wat dit is nie en dit wil nie minder word of weg gaan nie. Ek drink nie medikasie wat dit kan veroorsaak nie (net my normale Vitamines).

Maak dit sin?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
Dit kan petechiae wees - klein bloedings onder die vel omdat jy nie genoeg stollingsfaktore maak nie - vra asb jou huisdokter om 'n volbloed telling en stollings profiel bloed te trek - dit kan 'n teken van 'n bloed of lewer siekte wees.
sien http://www.mayoclinic.com/health/petechiae/HQ01208
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Elizabeth Kriel | 2014/03/10

Hi dr My suster het chemo gekry nadat haar bors afgesit is. Die chemobehandeling het skade veroorsaak waar - die "wit"chemo het veluitslag veroorsaak (2007) - die regterkantste arm se are is beskadig en is gedeeltelik herstel na operasie. Sy sukkel nou vir ongeveer 'n jaar lank met 'n veluitslag wat klein begin het en nou vergroot het. Dit is vreeslik irriterend en jeuk so erg dat sy haarself stukkend krap dat die bloed loop. Dit is soos klein fyn puisietjies en die vel het verdonker waar die uitslag is. Sy gebruik turbo-vite vir vitamine aanvullings in die oggend. 'n Dokter het vir haar gesê dit is a.g.v. swak bloedsirkulasie in die bene omdat sy die hele dag loop en staan. Kon u asb. enige hulp raad aanbied? Ons is bekommerd omdat die toestand vergerger. Sy het room ontvang om uitwendig aan te wend, maar steeds is daar geen verbetering of verandering nie. Ek sal graag van u wil verneem. Baie dankie.

Reply to Elizabeth Kriel
Posted by: Herbst | 2013/07/19

hi dokter ek het influenza gehad. het medikasie gebruik en na 3dae toe swel my regter klier by my nek op en onder my ken is dit op geswel, hard en seer as ek daaraan vat en ek het 'n klomp blasies onder my wang. wat kan dit wees? Groete

Reply to Herbst

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement