advertisement
Question
Posted by: jessica | 2009-03-09

vel irritasie

ek het ' n 6jr oue " worsie" . onder op haar maag en onder haar bene kry sy wat lyk soos " eczeema"  en nou en dan kry sy ' n paar harde geel puisies wat na ' n ruk weg gaan, maar die uitslag bly daar. ek gebruik gewone bob tail shampoo om haar te bad en sy word 1 keer ' n week gebad. sy slaap in die huis op haar eie kussing (en haar beddegoed word ook gereeld gewas), is sy allergies vir iets of kan dit iets anders wees wat haar die uitslag gee en wat kan ek daarvoor gebruik.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo Jessica

Dit kan enige iets wees waarmee sy kontak het. Dit klink soos 'n tipiese kontakallergie. Gee Efazol oor haar kos daagliks, bad haar met Barrier Medicated Shampoo en jy kan self vir haar 1 Allergex tweemall per dag gee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015-09-25

Ek het n 5 maande oue St. Dane. sy het knoppies op haar vel wat etterblasies vorm . dit lyk nie of dit haar pla nie. dis meestal op die dele met minder hare,soos aan die binnekant van haar agterboude, onder haar keel, die binnekant van haar ore. Die hare val uit daar waar die knoppie sit. sommige word droog en vorm klein rofie,maar dit gaan ie weg nie. ek het Prednisoon vir 5 dae gegee,een per dag. niks gehelp nie. nou gee ek allergex een per dag al vir 5 dae, maar dit help ook nie. EK het haar gewas met F10, maar die knoppies en blasie verskyn net weer op n ander plek. Sy is al heel bont soos die nuwe hare weer uitkom waar die blasie droog geword het. sal graag wil weet wat ek nog kan probeer?

Reply to Anonymous
Posted by: tessa | 2015-04-13

Ek het 'n Yorky, en het het onlangs agtergekom sy het swar ronde kolletjies onder haar vel en effens groter van die swart kolletjies los tussen haar hare. Dit kam maklik uit maar eks bekommerd oor die swart kolletjies onder haar vel?kan iemand my se wat dit is of raad gee asseblief?

Reply to tessa
Posted by: fb | 2009-03-11

Hi my jackrussel, het ook begin jeuk, sy was rooi onder by haar maag, tot haar voete. Het haar by my vearts gehad, ons het haar pellts na Hills z/d low ALLERGEN Cain verander. Ek het ook n room by die vearts gekry om aan te smeer, as sy erg begin jeuk. Sy slaap ook in die huis, op haar eie beddegoed, Sy drink kortisoon pilletjies, vir 5dae elke dag en daarna 1 elke 2dedag. Sy het ook niks anders geeet nie, net die pellets.

Maar toe kom ons agter sy het vir gras allergies geraak , so ja nou sit ek met n hond wat mal daaroor is om in die son op die gras te le, maar wat allergies is vir GRAS!!!!

Reply to fb
Posted by: Chill | 2009-03-10

Daar' s juis die probleem. As die uitslag stink, is dit moontlik ' n virus (google malassezia en lees bietjie daaroor) en die antwoord le nie in meer bad nie - hoewel ek wel verstaan dat dit geriefliker is om ' n nie-stinkende hond in die huis te he.

Nietemin - daar gaan geen oplossing kom nie tot jy ' n behoorlike diagnose kry, en die korrekte behandeling toepas.

Normale hondesjampoos verwyder die natuurlike olies en vette uit die hond se vag, en maak dit meer toeganklik vir infeksies of virusse.

Reply to Chill
Posted by: jessica | 2009-03-10

ek bad haar 1 keer per week want sy bly in die huis en begin gou te stink. so ek het nie ' n ander oplossing as om haar 1 keer per week te bad nie want die huis gaan na vuil hond begin stink. ek het al voorheen haar minder gebad a.g.v die uitslag om te kyk of dit verbeter of erger raak maar maak nie saak hoeveelkeer sy gebad word of nie gebad word nie, bly die uitslag daar. dit raak nie erger of beter nie.

Reply to jessica
Posted by: Chill | 2009-03-09

Dis glad nie nodig om ' n hond elke week te bad nie - inteendeel, dit kan juis die oorsaak van die probleem wees.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement