advertisement
Question
Posted by: lenor | 2009/03/26

vegetarië r - allergië  regte eetplan

Ek sou graag gewig wou verloor, maar het geen idee hoe om vir my ‘ n gesonde eetplan uit te werk wat by my grille en giere pas nie.

Ek is ‘ n vegetarië r en eet geen vis, enige vleis of eiers nie.

Daarby het ek ook vele allergië : neute, gis, swamme, sitrusvrugte en aartappels.
In ‘ n mindere mate melk produkte, wat ek wel lae vet of vetvrye produkte gebruik.
Die enigste manier waarop ek nie ‘ n reaksie kry van eiers nie is wanneer dit in gebak gebruik word.

Ek eet wel soms neute in klein hoeveelhede, maar ek is seker dit is nie genoeg om die nodige proteï ne te voorsien nie.

Ek het al probeer om vitamine aanvullings te gebruik maar die B-kompleks en die Vit. C veroorsaak pruritus en urine wat brand.

Wanneer ek muesli en ontbytgraan met semels in eet kry ek vreeslike krampe. So dit is ook uit.

Bo en behalwe dat ek moet gewig verloor, het ek hoë -bloedruk en voel ek gedurig moeg, sonder enige energie.

Is daar enige raat vir my?
Dankie,
Lenor

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lenor
Ek dink dat jy 'n kliniese dieetkundige sal moet spreek sodat sy/hy vir jou 'n individuele verslankingsdieet kan uitwerk wat al hierdie allergieë in ag sal neem. Dit is ongelukkig nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement