advertisement
Question
Posted by: Moya | 2011/11/17

Vegatariese leefwyse

Ek het vir 6 jr vegaties geeet, ek was by ''n dieetkundige wat vir my verduidelik het hoe om ''reg'' vegataries te eet + supplements te neem. Vir daardie 6jr het ek glad nie met tekorte gesukkel nie! Toe kry ek ''n kwaai asma aanval en my GP skryf o.a. antibiotika voor en van toe af tot nou, seker 5jr al, sukkel ek met spastiese kolon. Ek was genoodsaak om nie meer peulgewasse en neute en ''n paar groentes te eet nie. Ek is egter ''nie gelukkig'' met wat ek eet nie, is nie mal oor hoender of vis nie, het nog nooit van rooivleis gehou nie, ek is nou 64jr oud. Is daar nie moontlik ''n plaasvervanger vir proteine anders as hoender en vis nie? Groot asseblief HELP!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Moya
Plaasvervangers vir hoender, vis en rooivleis, is aan die een kant die peulgewasse en neute wat jy nou blykbaar nie meer kan eet nie? Aan die ander kant kan vegetariërs, gesond eet deur van melk, jogurt, maaskaas en ander kase, en eiers gebruik te maak. Hierdie kosse sal vir jou voldoende hoë kwaliteit proteïen en kalsium, plus 'n bron van vit B12 en yster gee. Dit sal steeds nodig wees om 'n paar keer per week 'n vit B12 en ysteraanvulling te gebruik, net om seker te maak dat jy nie bloedarmoede gekoppel aan gebreke van hierdie 2 voedingstowwe, ontwikkel nie. Gebruik ook 'n omega-3-aanvulling soos Salmolietablette om op te maak vir die vis wat jy nie eet nie. Ek sal ook voorstel dat jy probiotika ("goeie mikroörganismes") probeer vir jou spastiese dikderm - bv. Bifidoflora wat jy by gesondheidswinkels kan koop. Indien sy steeds sukkel om jou dieet te balanseer, sal dit aangewese wees om weer jou dieetkundige te spreek.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Micky | 2011/11/25

Jammer, die volle naam van die produk is Bioter Digestive Enzymes.

Reply to Micky
Posted by: Micky | 2011/11/25

Ek is self ''n vegan en sukkel ook met IBS (familie geskiedenis hiervan) sowel as allergieë  en intoleransies.

Bioter is '' n baie goeie produk om te gebruik. Dis heeltemal plantaardig in oorsprong en werk baie goed. Ek gebruik dit al self 2 jaar en dit het selfs van my allergieë  en intoleransies verbeter.

Dit vat so ''n maand voordat mens die volle voordeel daarvan kan ''voel'', maar byt vas. Dis beskikbaar by Dischem en kos R50 vir 90 kapsules.

Reply to Micky
Posted by: DietDoc | 2011/11/18

Beste Moya
Plaasvervangers vir hoender, vis en rooivleis, is aan die een kant die peulgewasse en neute wat jy nou blykbaar nie meer kan eet nie? Aan die ander kant kan vegetariërs, gesond eet deur van melk, jogurt, maaskaas en ander kase, en eiers gebruik te maak. Hierdie kosse sal vir jou voldoende hoë kwaliteit proteïen en kalsium, plus 'n bron van vit B12 en yster gee. Dit sal steeds nodig wees om 'n paar keer per week 'n vit B12 en ysteraanvulling te gebruik, net om seker te maak dat jy nie bloedarmoede gekoppel aan gebreke van hierdie 2 voedingstowwe, ontwikkel nie. Gebruik ook 'n omega-3-aanvulling soos Salmolietablette om op te maak vir die vis wat jy nie eet nie. Ek sal ook voorstel dat jy probiotika ("goeie mikroörganismes") probeer vir jou spastiese dikderm - bv. Bifidoflora wat jy by gesondheidswinkels kan koop. Indien sy steeds sukkel om jou dieet te balanseer, sal dit aangewese wees om weer jou dieetkundige te spreek.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement