advertisement
Question
Posted by: Carla | 2011/08/25

Vegan diet for pregnancy

Goeiemiddag, wat is Dr se opinie oor ''n vegan leefstyl terwyl mens verwagtend is? Ek het bietjie navorsing gedoen en het ondervind dat B12 baie belangrik is vir prenatale ontwikkeling (veral vir die brein). Wat kan gebeur as die ongebore kind nie vleis inkry gedurende ontwikkeling nie? Is daar al studies wat bewys dat kinders meer gesond gebore raak met behulp van ''n vegan leefstyl?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Carla
Aangesien dit goeie beplanning en toewyding verg om korrek as vegan te eet wanneer mens swanger is, sal ek graag aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. V vegandiëte moet gewoonlik met vitamien B12, yster, sink, kalsium, 'n bron van omega-3 (soos flakssaadolie)en soms ook proteïen aangevul word, tydens swangerskap. Dit is dus beter as 'n geregistreerde dieetkundige jou huidige dieet nagaan en dan aanbevelings maak oor watter aanvullings of addisionele kosse jy sal nodig hê om te verseker dat jy en die komende baba albei voldoende voedingstowwe inneem om gesond te bly en dat die baba normaal ontwikkel.
Dit is nie nodig om spesifiek vleis te eet tydens swangerskap nie, solank as wat mens 'n goeie beskikbare bron van yster en sink inneem (bv. eiergeel, peulgroente, heelgrane, of 'n aanvulling). Sommige vrouens gebruik melk, suiwelprodukte en eiers tydens swangerskap en laktasie.
Die dieetkundige sal wel vir jou 'n spesifieke dieetvoorskrif kan uitwerk wat aan al die behoeftes voldoen en tog bly by die vegandieet.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/08/25

Beste Carla
Aangesien dit goeie beplanning en toewyding verg om korrek as vegan te eet wanneer mens swanger is, sal ek graag aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. V vegandiëte moet gewoonlik met vitamien B12, yster, sink, kalsium, 'n bron van omega-3 (soos flakssaadolie)en soms ook proteïen aangevul word, tydens swangerskap. Dit is dus beter as 'n geregistreerde dieetkundige jou huidige dieet nagaan en dan aanbevelings maak oor watter aanvullings of addisionele kosse jy sal nodig hê om te verseker dat jy en die komende baba albei voldoende voedingstowwe inneem om gesond te bly en dat die baba normaal ontwikkel.
Dit is nie nodig om spesifiek vleis te eet tydens swangerskap nie, solank as wat mens 'n goeie beskikbare bron van yster en sink inneem (bv. eiergeel, peulgroente, heelgrane, of 'n aanvulling). Sommige vrouens gebruik melk, suiwelprodukte en eiers tydens swangerskap en laktasie.
Die dieetkundige sal wel vir jou 'n spesifieke dieetvoorskrif kan uitwerk wat aan al die behoeftes voldoen en tog bly by die vegandieet.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.