advertisement
Question
Posted by: Juanita | 2012/05/07

Vasgekypte senuwee

Hi Dokter

Ek het in Desember probleme met my lae rug en regterbeen begin kry. Nadat ek 2 keer dokter toe was en elke keer ''n inspuiting en medisyne gekry het, het dit in Januarie weer begin. Na xstrale is daar vasgestel dat my rug by die L4 of L5 die senuwee vasdruk.
Op die stadium was die pyn in my regterbeen af en my kleintoontjie het permanent dood gevoel.
Ek het fisio gekry en einde Januarie het die fisio gesê  dat dit enige iets van 24 uur tot 6 weke kan vat vir die senuwee om te herstel.
Nou in Mei het die pyn verdwyn uit my kuit en my kleintoontjie, maar dit pla nog steeds in my bobeen. Ek sukkel om my been plat op die grond te hou en kan dit slegs reg kry as ek nie regop sit nie.
Hoe lank vat dit vir ''n senuwee om permanente skade op te doen? En is dit nodig om ''n spesialis daaroor te gaan sien?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Juanita

'n Senuwee kan onmiddelik permanente skade opdoen, afhangende van die besering. Ek stel voor dat jy wel 'n spesialis vir 'n ondersoek en behandeling konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement