advertisement
Question
Posted by: Suzette | 2011/09/19

Vark slak virus

Met ''n breinscan is ontdek my broer het vark slak virus om die brein. Volgens dokter is die cists reeds verkalk. Lintwurms is skynbaar die oorsaak daarvan. Wat kan gedoen word of moet dit maar so gelaat word aangesien dit verkalk het? My broer is nou 70. Is daar medikasie wat gebruik kan word deur mense om sulke parasiete vroegtydig te dood te maak om te voorkom dat dit nie in organe manifesteer nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Suzette

Om te voorkom om die siekte te kry, moet jy nie rou varkvleis of varkwors eet nie. Ontwurming elke drie maande, kan ook verhoed dat die wurms die liggaam infesteer nie.

Die toestand wat jou broer het, word sistisarkose genoem. Verwys na die volgende artikel vir meer inligting: http://en.wikipedia.org/wiki/Cysticercosis

Ongelukkig kan die sist nie uitgesnei word nie en dit sal so gelaat word. Die nagevolge sal simptomaties behandel word.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Albie | 2016/06/22

Ek het dieselfde en is 47jaar oud. Ek het dit gekry deur rou vark vleis in die weermag in 1986. Ek is weer in 1991 gediagnoseer toe ek met hoofpyne en "black outs" of petit mal gediagnoseer is. Ek kry dit gereeld. Ek het my werk verloor in 2005 en is tans op 5 verskillende medikasies en mag nie bestuur nie. Ek het 3 motor ongelukke gehad. Ek het innige simpatie vir jou broer. Dit is nie lekker om by die Huis te sit nie, ek kan werk maar niemand wil die risieko loop dat ek 'n black out sal kry gedurende my werk nie. Nou moet my vrou my oppas terwyl ek Klein "handyman werk" doen.

Reply to Albie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement