advertisement
Question
Posted by: Jacobus | 2011/05/05

Uriensuur en jig

My GP het my ''n jaar gelede getoets vir uriensuur omdat ek oor gewrigspyne gekla het. Die uriensuurtelling was baie hoog. Ek het daarna begin met ''n dieet om die suur uit te skakel. My pH-telling is huidig 7.5, maar ek kry nogtans jig. Behoort die gunstige pH-telling dit nie uit te skakel nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jacobus
Daar is 'n verskil tussen die pH van die bloed en die uriensuurinhoud. Die pH word veroorsaak deur die balans tussen suur en alkaliese stowwe in die bloed, terwyl uriensuur 'n afbraakproduk is van chemiese stowwe wat puriene genoem word. Puriene kom voor in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook dan 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn en vrugtesappe en fruktose uit te sny, as mens aan jig ly. Groente, vrugte, brood, melk en suiwelprodukte bevat nie eintlik enige puriene nie. Ek wil voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om die jig te verbeter. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/05/06

Beste Jacobus
Daar is 'n verskil tussen die pH van die bloed en die uriensuurinhoud. Die pH word veroorsaak deur die balans tussen suur en alkaliese stowwe in die bloed, terwyl uriensuur 'n afbraakproduk is van chemiese stowwe wat puriene genoem word. Puriene kom voor in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook dan 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn en vrugtesappe en fruktose uit te sny, as mens aan jig ly. Groente, vrugte, brood, melk en suiwelprodukte bevat nie eintlik enige puriene nie. Ek wil voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om die jig te verbeter. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.