advertisement
Question
Posted by: Anne-Marie | 2012-02-01

UrienSuur en Diet

My man se uriensuur is permanent hoog, hy sukkel gedurig met goutaanvalle. Hy is ook oorgewig, watter tipe dieë t kan hy volg want ''n hoë  protiene dieet gaan net die uriensuur hoè r maak. Hy moet drasties gewig verloor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anne-Marie
Uriensuur is 'n afbraakproduk van chemiese stowwe wat puriene genoem word. Puriene kom voor in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn, asook vrugtesappe en fruktose uit te sny, as mens aan jig ly. Groente, vrugte, brood, melk en suiwelprodukte bevat nie eintlik enige puriene nie. Ek wil voorstel dat jou man 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal hom help met 'n individuele dieetvoorskrif om die jig te verbeter en ook om gewigsverlies aan te help. Persone met jig kan nie 'n hoë-proteïendieet gebruik nie en hulle behoort ook nie vinnig gewig te verloor nie aangesien dit die jig kan vererger. Dit is dus belangrik om sulke verslanking onder die toesig van 'n dieetkundige te doen. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Jana | 2012-03-16

Ek is 28 en het onlangs in die hospitaal beland met nierstene. My dokter het ''n stent ingesit en na 6 weke is die stent verwyder en my dokter het my ingelig dat die tipe nierstene wat ek gehad het, het te doen met urien suur kristalletjies. Hy het gesê  ek sal my dieet moet verander en wegbly van proteine. Hoe doen mens dit sonder om geheel en al ''n vegetarier te word? :)
Groete,
Jana

Reply to Jana
Posted by: DietDoc | 2012-02-01

Beste Anne-Marie
Uriensuur is 'n afbraakproduk van chemiese stowwe wat puriene genoem word. Puriene kom voor in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn, asook vrugtesappe en fruktose uit te sny, as mens aan jig ly. Groente, vrugte, brood, melk en suiwelprodukte bevat nie eintlik enige puriene nie. Ek wil voorstel dat jou man 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal hom help met 'n individuele dieetvoorskrif om die jig te verbeter en ook om gewigsverlies aan te help. Persone met jig kan nie 'n hoë-proteïendieet gebruik nie en hulle behoort ook nie vinnig gewig te verloor nie aangesien dit die jig kan vererger. Dit is dus belangrik om sulke verslanking onder die toesig van 'n dieetkundige te doen. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.