advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/07/19

Update

Goeie dag Dr

Ek hoop dit gaan goed.

Was vir my 2de opvolg by die dieetkundige. Vanaf 31 Mei tot tans is ek +- 8cm kleiner en 4.9kg in totaal verloor.

Ek was ook verlede week siek in die bed met die nare griep en het ''n kort periode van gastro na dit ervaar. BUT ALL BETTER NOW

My mikpunt is om weer te begin gym, stadig begin en om so 10minute per dag op die health walker te doen ekstra. Soos wat dit warmer raak glo ek sal die motivering ook toeneem.

My volgende insulien opvolg is die einde van die maand en ek is positief dat my glukose vlak sal minder wees as laas (15).

Ek hou Dr soos altyd, weer op datum.

Lekker daggie en week verder.

Groetetjies,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Dit is altyd aangenaam om te verneem hoe dit met jou gaan en hoe jy vorder met die gewigsverlies en jou glukose- en insulienvlakke. Ek is baie jammer om te hoor dat jy die griep en gastro gehad het - dit is uiters sleg en uitputtend. Ek is bly dat jy nou weer beter voel. Dit is uitstekend dat jy beplan om weer te begin oefen - dit is tog so nodig om ons gesond te hou. Ek sal duim vas hou vir jou volgende insulienopvolg - laat gerus weet hoe dit gaan.
Lekker naweek vir jou en bly nou mooi warm en gesond!
Vriendelike groetnis
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/07/20

Beste Helena
Dit is altyd aangenaam om te verneem hoe dit met jou gaan en hoe jy vorder met die gewigsverlies en jou glukose- en insulienvlakke. Ek is baie jammer om te hoor dat jy die griep en gastro gehad het - dit is uiters sleg en uitputtend. Ek is bly dat jy nou weer beter voel. Dit is uitstekend dat jy beplan om weer te begin oefen - dit is tog so nodig om ons gesond te hou. Ek sal duim vas hou vir jou volgende insulienopvolg - laat gerus weet hoe dit gaan.
Lekker naweek vir jou en bly nou mooi warm en gesond!
Vriendelike groetnis
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement