advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/06/28

Update

Hallo dokter

Welkom terug. Ek hoop die kort vakansie het Dr goed laat uit rus.

Ek is by ''n dieetkundige nou (uiteindelik) het laas maand 2 kg''s verloor. Ek neem Antagolin saam met my Glucophage. Enigste slegte ding nou is, kry nie tyd vir oefen nie.

Ek is so bedrywig by die werk en werk saans tot laat. En Curves bly net tot half 8 oop en dan sit ek nog by die werk.

Ek stap dan net naweke wat defnitief nie genoeg is nie. Sommer gewonder watter " tuis" oefeninge kan ek doen om my hartslag te vermeerder.

Lekker daggie.

Groete,
Helena

EN NET WEER DANKIE! Ek sou sonder Dr nie die regte stappe geneem het nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Baie dankie vir jou gawe woorde van verwelkoming -die vakansie was baie nodig, en besonder aangenaam. Ek is besonder bly dat jy nou uiteindelike by 'n dieetkundige uitgekom het en dat jy 2 kg laas maand verloor het. Dit is Baie jammer dat jy nie weens jou nuwe werk nie by Curves kan uitkom nie, aangesien ek reken dit het jou baie gebaat. Maar jy weet nou hoe belangrik oefening is en ek wil jou graag aanmoedig om nou op jou eie voort te gaan. Tipiese oefeninge wat mens by die huis kan doen, wat jou harslag vermeerder (sg. "anaërobiese" oefeninge) sluit in: touspring - goedkoop, maklik en kan op enige plek en tyd gedoen word; flink stap indien moontlik in jou omgewing; fietsry of “spinning” op 'n vaste fiets (hier is dit nodig om wel die apparaat aan te koop). Onthou tog asb dat jy stadig met ligte oefening moet begin en dan oor tyd weer meer doen. bv. touspring - spring aan die begin baie stadig vir 5-10 min een of 2 keer per dag. Na 'n week kan jy of vinniger spring of langer en sodoende stadig maar seker jou oefening verhoog tot 30 minute per dag teen 'n vinnige tempo.
Pas jou nou mooi op en hou my asb op hoogte van jou vordering.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/06/29

Beste Helena
Baie dankie vir jou gawe woorde van verwelkoming -die vakansie was baie nodig, en besonder aangenaam. Ek is besonder bly dat jy nou uiteindelike by 'n dieetkundige uitgekom het en dat jy 2 kg laas maand verloor het. Dit is Baie jammer dat jy nie weens jou nuwe werk nie by Curves kan uitkom nie, aangesien ek reken dit het jou baie gebaat. Maar jy weet nou hoe belangrik oefening is en ek wil jou graag aanmoedig om nou op jou eie voort te gaan. Tipiese oefeninge wat mens by die huis kan doen, wat jou harslag vermeerder (sg. "anaërobiese" oefeninge) sluit in: touspring - goedkoop, maklik en kan op enige plek en tyd gedoen word; flink stap indien moontlik in jou omgewing; fietsry of “spinning” op 'n vaste fiets (hier is dit nodig om wel die apparaat aan te koop). Onthou tog asb dat jy stadig met ligte oefening moet begin en dan oor tyd weer meer doen. bv. touspring - spring aan die begin baie stadig vir 5-10 min een of 2 keer per dag. Na 'n week kan jy of vinniger spring of langer en sodoende stadig maar seker jou oefening verhoog tot 30 minute per dag teen 'n vinnige tempo.
Pas jou nou mooi op en hou my asb op hoogte van jou vordering.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.