advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/04/25

Update

Goeie mô re dokter

Ek hoop dit gaan goed. Ek was lanklaas op die site, weens my nuwe werk. Wil gou vir dr die uitslae gee van my bloedtoetse: ek is insulien weerstandig. My glukose vlak (ek dink) is 12. iets gewees.

Ek vol nou my lae GI plan wat die dr vir my uit gewerk het en my vriendin is ook IW so ons gesels oor watter kosse ons mag en nie mag eet nie.

Ek sukkel om suiker uit te sny en versoeters proe aaklig. Ek het reeds sowat 2kg''s verloor die afgelope maand. Gaan nog steeds 3keer ''n week Curves toe.

Ek is opsoek na ''n dieeetkundige wat op Saterdae oop is. Het nou al op die dietician website ook almal al gebel.

Maar andersins gaan dit goed verder. Gaan vir my een van die dae internet by die huis op sit, dan gaan ek weer meer van my laat hoor. Dr se praktyk is nie dalk hier in die Kaap nie. Sal graag by dr wou wees.

Altyd lekker om te skryf hier wat op my hart is.

Groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ek is bly om van jou te hoor. Terwyl ek nou jammer is om te verneem dat jy wel aan IW ly, het ek dit die hele tyd vermoed. As jy terugdink aan my vorige antwoorde sal jy sien ek het die voorgestel en aangeraai dat jy ‘n dieetkundige spreek vir ‘n lae-ver, lae-GI dieet. Ek vertrou dat jy wel iemand sal vind wat op ‘n Saterdag oop is, andersins moet jy maar probeer om laat een middag ‘n afspraak te maak en dan toestemming van jou baas kry om die afspraak na te kom. Ek is nie in die Kaap woonagtig nie. Dit klink baie aanmoedigend dat jy alreeds 2 kg verloor het - hou so aan en ook met die oefening. Ons gaan bietjie weg vir die lang naweek aangesien ons oor Pase by die huis gesit het en nou dringend bietjie rus moet kry!
Ons gesels weer
Lekker naweek ook vir jou
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/04/25

Beste Helena
Ek is bly om van jou te hoor. Terwyl ek nou jammer is om te verneem dat jy wel aan IW ly, het ek dit die hele tyd vermoed. As jy terugdink aan my vorige antwoorde sal jy sien ek het die voorgestel en aangeraai dat jy ‘n dieetkundige spreek vir ‘n lae-ver, lae-GI dieet. Ek vertrou dat jy wel iemand sal vind wat op ‘n Saterdag oop is, andersins moet jy maar probeer om laat een middag ‘n afspraak te maak en dan toestemming van jou baas kry om die afspraak na te kom. Ek is nie in die Kaap woonagtig nie. Dit klink baie aanmoedigend dat jy alreeds 2 kg verloor het - hou so aan en ook met die oefening. Ons gaan bietjie weg vir die lang naweek aangesien ons oor Pase by die huis gesit het en nou dringend bietjie rus moet kry!
Ons gesels weer
Lekker naweek ook vir jou
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement