advertisement
Question
Posted by: Turf | 2012-03-08

Update

Hi Dok

Net weer ''n update oor my kondisie. Dit raak al hoe meer interessant.

Ek het ''n 2de opinie oor my voet gaan kry by ''n ander Ortopeed wat ook voel ek het tendonitis van die tone, veral die groottoon.

Hy het ''n sonar laat doen wat heel normaal getoon het en het ook kortisoon onder die groottoon ingespuit om rede ek teen daai tyd al 7 weke met die kondisie gesit het. Hy wou he dit moet die inflammasie teenwerk. Hy het ook vir my ''n moonboot voorgeskryf vir 2-5 weke sodat die tendons heeltemal kan rus, en het gese dat hy voorheen ''n soortgelyke geval so genees het.

Ek was laas week weer by hom vir ''n opvolg (2 weke later) en hy het gese dit lyk of my FHL tendonitis van die toon besig is om stadig te reageer op die moonboot en dat hy dink ek die boot ''n verdere 2 weke moet dra en dan onmiddellik met ''n maand se fisioterapie begin om te verhoed dat die kondisie terugkeer. Dan wil hy my weer daarna sien, teen watter tyd ek heel genees moet wees anders gaan hy nog kortisoon inspuit. Hy het my laat loop in sy kamers en die toon laat buig in die stap wat steeds pynvol was.

So more is die besering 10 weke oud, en hy het gese dat 7 weke nie ''n lang tyd vir die kondisie is nie. 12 weke is meer realisties volgens hom, wat 3 maande is!

My voet swel nog bietjie teen die einde van die dag maar ek dink dit kan ook die boot wees wat dit veroorsaak. Ten minste is my voet nou heeldag plat met volle gewig op hom in die boot sonder enige pyn. As ek in die oggende opstaan en plat staan op my voet word dit nog steeds blou aan die onderkant en die voet is nie dieselfde kleur as die onbeseerde een nie.

Daar is steeds swelsel aan die onderkant van die gewrig, so ek hoop maar net hulle kyk nie iets mis hier nie. Die gewrig is natuurlik ook baie swak en styf en uit oefening uit.

Ek verstaan nie hoekom die spesialiste nie voorstel dat sulke kondisies met ultrasound behandel word nie. Ek het al soveel sukses stories gehoor waar mense baie vinniger genees het met die gebruik daarvan en dit werk regtig. Ek het onlangs ''n portable home ultrasound terapie masjien gekry en wonder of ek dit kan gebruik vir my kondisie, natuurlik op die regte manier? Dit is presies dieselfde intensiteit wat die fisioterapeute daagliks gebruik en die kanse is seker goed dat hulle dit in elk geval gaan gebruik op my as ek weer met fisio begin. Dink dokter dit is veilig in my geval?

Hopelik wen ek eendag hierdie tendonitis.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Turf

Dankie vir jou terugvoering. Ja, dit is veilig om te gebruik as daaglikse terapie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement