advertisement
Question
Posted by: griet | 2009/02/23

Uitslag van goud?

Hi Doc

Ek dink ek is allergies vir getroud-wees... LOL. Ek kry sedert Desember ' n uitslag op my ringvinger sodra ek my trouring aansit. Ek kan ander ringe dra dan gebeur dit nie. Ek het nou al vir sowat 2 weke die ring nie gedra nie totdat die utslag heeltemal weg is en sodra ek dit aansit binne ' n uur is die uitslag terug. Ek het selfs die ring gespoel in chirurgiese alkohol om die " kiem"  dood te maak maar dit help nie. Wat kan dit wees en wat kan ek daarvoor gebruik?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Griet
baie keer gebruik hulle 'n mengsel van goud en nikkel vir ringe om dit bietjie sterker te maak ( goud is baie sag) soos mens die ring dra verweer die goudlagie en begin die nikkel uitsteek en dan kan mens 'n allergiese reaksie kry. OF die ring het 'n holte waar die diamant is of is halfmaan vormig - daar word dan seep in die areatjie vasgevang en dit irriteer die vel. Die oplossing vir beide is om 'n juwelier te vra om 'n lagie goud binne in die ring aan te bring wat die ring bedek en die holte vul. Gebruik intussen stopitch roompie op die plekkie - dit bevat bietjie kortisoon
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement