advertisement
Question
Posted by: Bertha | 2012/10/17

uitslag op regtervoet

My regtervoet het n tipe uitslag wat vererger en dan weer beter word met tyd. Ek was voor 2000 vir die eerste keer by n GP daaroor en hy het gesê  dis atleetvoet/voetskimmel en n salf voorgeskryf. Dit het tydelik gewerk, of so het ek gedink, maar dis nou meer as 12 jaar later en voet voet was nog nooit weer gesond nie.

Ek betwyfel die voetskimmel-storie sterk omdat my linkervoet tog seker al in 12 jaar moes aangesteek het? So ook my man en n paar ander mense omdat ek baie kaalvoet loop en altyd kaalvoet stort.

My voet maak n rooi uitslag tussen my tone en ook aan die sagte binnekant van my voet. Dan word dit klein wit blasies - hierdie blasies is ontsettend seer. Partykeer bars ek dit en dan is daar onmiddelike verligting.

My pa het psoriase onder beide sy voete - maar dit lyk ook anders as myne.

Ek gebruik lankal nie meer die salf wat vir my voorgeskryf was nie, omdat my voet deur dieselfde fases gaan met en sonder medaspor.
Ek was al sederdien ook by n GP - hul weier om my te verwus na n velspesialis omdat hul met die oorspronklike diagnose saamstem.

Dalk kan ek net noem dat my voet se aangetasde area vir die laaste ten minste 5 jaar nie groter geword het nie. Terwyl ek swanger was met my 1ste (3jaar gelede) het dit byna heeltemal verdwyn en na die swangerskap is die area kleiner. Ek is nou weer 7maande swanger en weereens is my voet beter tydens swangerskap, hoewel nie heeltemal so mooi soos die eerste keer nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePodiatrist


Baie dankie vir jou vraag. Dit is moeilik om n defnitiewe diagnose te maak as ek nie die area kan sien nie. Ek stel voor dat jy n voetkindige of n dermatoloog gaan sien wat die korrekte diagnose kan maak en behandeling kan voorskryf. Behandeling moet ook insluit om na jou skoene te kyk en moontlike kontaminasie daar uit te skakel. Vir jou naaste voetkundige kontak die Podiatry Association of South Africa 0861 100 249 of www.podiatrist.co.za

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement