advertisement
Question
Posted by: Skillie | 2012/09/17

Uitslag

Hi dok.
Ek hoop jy kan bietjie raad gee. Terwyl ek swanger was laas jaar, het ek so ligte uitslag op my ken begin kry. Ek het maar aangeneem dis van die hormone of iets. My kind is nou al 10 mande oud, en die uitslag gaan nie weg nie. Dit is rooi en skurwerig, maar geen ander simptome soos juk, of brand of enige iets nie. Ek het gedink dis dalk hitte uitslag,want dit kom wel uit wanneer ek warm kry, maar dit kom deesdae al kry ek nie warm nie. My dok het Advantan salf gegee, ek smeer dit amper konstant aan, dan gaan dit weg vir ''n dag, dan is dit weer terug. Wat kan dit wees? moet ek eerder na ''n dermatoloog toe gaan of wat?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Skillie

Ek stel voor dat jy 'n dermatoloog konsulteer. Dit is moontlik dat jy 'n toestand soos rosacea het. Rosacea affekteer volwassenes en presenteer met 'n rooi voorkoms van die vel, met 'n gepaardgaande uitslag wat soos puisies vertoon. Behandeling sal van die diagnose afhang.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement