advertisement
Question
Posted by: Helena | 2009/02/23

Uitslag

Hallo dokter

Ek het ' n uitslag op my regter kant, langs my heupbeen meer na die rug toe. Ek was by die dokter. Sy het gesê  dis nie ' n ekseem nie en ook nie gorrelroos nie. Sy sê  dit lyk soos iets wat my gebyt het, maar ek stem nie saam nie. Dit voel soos klein water blasies en dit bly warm en rooi. Dit jeuk vreeslik, (ek krap my mal) Sy het vir my ' n kortisoon inspuiting gegee en allergiese pille en ek smeer Camomile lotion aan. Die lotion help met die jeuk, maar die " blasies"  wil nie weggaan nie. Dit raak groter. Die dokter op die dorp het reguit gesê  sy weet nie wat dit is nie.

Ek bly op ' n klein dorpie en soek ' n dermatoloog naby Malmesbury. Waar kan ek so iemand in die hande kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Helena
Ek dink die dokters is dalk die naaste aan jou
Dr Lizmare Bron
211 Main Road, Paarl, 7646
021 872 7739

Dr Martin du Toit
32 Russel Street, Worcester, 6850
021 872 4024

'n Jeukerige uitslag met blasies is dikwels 'n allergiese dermatitis. Gordelroos is baie seer en die blasies word baie keer etterig.

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement