advertisement
Question
Posted by: Sarah | 2010/11/11

Uitslae?

Hallo dok,
Gegaan vir papsmeer, volgende uitslag: " atipiese klierepiteel van onbepaalde belang (AGC) is aanwesig, ten gunste van reaktiewe vernadering. Inflammatoriese eksudaat is in d e agtergrond aanwesig, geen patogene is aanwesig."  Is dit iets om oor bekommerd te wees aangesien ek oor 6 maande weer moet gaan vir smeer?
Hormoontelling: 59.3 - menopausal - ovarian failure, maar ek het vandag weer na sowat 2 maande begin menstrueer, is 53. Kan dit gebeur? Dankie baie, en jammer oor al die vrae.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sarah
Die veranderinge in die selle kan wees as gevolg van 'n ligte infeksie maar daar is nie enige teken van kankerselle of bakteriee op hierdie smeer nie. 'n Mens word gereken ten volle menopausaal te wees as jy 'n jaar lank nie gemenstrueer het nie, so ja mens kan nog sulke blertse menstruasie tussen in kry. As die papsmeer gister was, kan dit wees dat die serviks bietjie gebloei het van die smeer (veral omdat daar bietjie ontsteking is). As jy 'n afskeiding het moet jy dalk vir jou dokter vra of jy nie behandeling nodig het nie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Wonder net | 2011/01/25

Middag Dokter,

Ek het my uitslag gekry van papsmeer. Genoem dat daar Reaktiewe Selle is, weet nie hoe om dit presies te verduidelik nie. Sy het genoem, dis niks om oor bekommerd te wees nie, ek moet weer oor 6 maande vir smeer gaan. Wat veroorsaak dit en is dit niks ernstigs nie? Baie dankie!

Reply to Wonder net
Posted by: sarah | 2010/11/11

Ai dok, dankie vir die goeie nuus!! Die papsmeer was gedoen gedurende Oktobermaand. So hierdie deurmekaar menstruasies is maar deel van die aanloop na menopouse neem ek aan - wat is die " ovarian failure" ?

Lekker dag vir dok!

Reply to sarah
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/11

Hallo Sarah
Die veranderinge in die selle kan wees as gevolg van 'n ligte infeksie maar daar is nie enige teken van kankerselle of bakteriee op hierdie smeer nie. 'n Mens word gereken ten volle menopausaal te wees as jy 'n jaar lank nie gemenstrueer het nie, so ja mens kan nog sulke blertse menstruasie tussen in kry. As die papsmeer gister was, kan dit wees dat die serviks bietjie gebloei het van die smeer (veral omdat daar bietjie ontsteking is). As jy 'n afskeiding het moet jy dalk vir jou dokter vra of jy nie behandeling nodig het nie?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement