advertisement
Question
Posted by: Nita | 2010/05/14

Tussentydse periode (Reë l 43)

Ek wil net asb uitvind wat ek kan doen as die hof besluit het dat my man vir my en ons baba R 7 000.00 ''n maand moet gee vir die tussentydse periode en hy elke maand laat betaal. My debietorders hop en ek moet elke maand my skuld laat betaal en hy kom op die stadium weg daarmee en dit is vir my onaanvaarbaar want dit is elke maand se storie. Ek het lasbriewe uitgereik maar tot dit flop.
Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageFamily law expert

Jou man verontagsaam 'n hofbevel. Ek aanvaar die bevel is gegee i.t.v 'n Reel 43 aansoek. Indien dit die geval is kan jy die hof met 'n aansoek gestaaf deur 'n beeidigde verklaring nader waarin jy moet aandui op welke basis hy die bevel verontagsaam word. Hy kan aan minagting skuldig bevind word.

Bertus Preller
Bertus@divorceattorney.co.za

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: A Botha | 2015/04/28

Ons is nog nie geskei nie en ek word aangespreek vir onderhoud maar intussen maak sy skuld en ons is onder administrasie wat ek moet betaal. Ons is binne gemeentskap van goedere getroud en ek moet opdok. Ek baklei vir toesig. Ek kry my seun naweke maar sy bly nie by die ooreenkoms nie. Ek het my werk verloor deur haar en moes nou my eie besigheid begin wat stadig aan die gang kom. Het nog altyd vir my gesin gesorg maar het nou finansieele problem deur haar toedoen. Haar prokureur dreig nou mer n reel 43. Sy het al die meurbels en ek het niks. Ek weet die reg is in die vrou se guns maar as ek nie geld het nie het ek nie. My ma het nou aangebied om dagsorg te betaal. Sy het soveel aanranding sake teen haar en ek moet n protection order teen haar kry maar sy hou nie op nie. Wat doen ek wat op die stadium.

Reply to A Botha
Posted by: Nita | 2010/05/26

Dankie dat jy my vraag beantwoord het. My vraag was nommer 131.Dit gaan oor my man wat elke maand laat onderhoud aan my en ons seun betaal. Ons was in die hof gewees en daar het hulle besluit dat met die reë l 43 hy R 5 000.00 ''n maand vir my en R 2 000.00 ''n maand vir ons seun moet betaal. My man en sy prokureur het toe sommer besluit dat die geld agteruit betaalbaar is en wil bv. vir Mei maand eers die 26ste van Mei vir Mei betaal. Die hele probleem kom in dat die dag in die hof, die regter nie gesê  het wanneer hy die geld moet betaal nie, sy het net gesê  hy moet my elke maand betaal nou dink hulle dat hulle kan betaal net wanneer hulle wil. Ek het gedink dat dit vanselfsprekend is dat dit op die eerste van elke maand moet wees of dat hy tyd het tot die 7de, nou wil hy my die 26ste eers betaal en ek werk nie op die stadium nie want ek maak nog ons baba groot, hy is vandag 9 maande oud. Wat sê  die wet in so geval? Kan ek self hof toe gaan en dit regstel of moet ek met my prokureur gaan en lyk my hy is te besig want ek het hom al ''n paar keer ge -|- ak maar hy kom net nie sover om my te help nie.

Dankie vir jou raad, dit word waardeur.

Reply to Nita
Posted by: family law expert | 2010/05/17

Jou man verontagsaam 'n hofbevel. Ek aanvaar die bevel is gegee i.t.v 'n Reel 43 aansoek. Indien dit die geval is kan jy die hof met 'n aansoek gestaaf deur 'n beeidigde verklaring nader waarin jy moet aandui op welke basis hy die bevel verontagsaam word. Hy kan aan minagting skuldig bevind word.

Bertus Preller
Bertus@divorceattorney.co.za

Reply to family law expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement