advertisement
Question
Posted by: Amanda | 2010/04/12

Tussentydse Periode / Reë l 43

Ek en my man is tans besig om te skei. Ons was by die hof gewees en daar het hulle besluit dat hy vir die tussentydse periode vir my R5000 moet gee en R2000 vir ons 7 maande oue seun. Ek werk nie tans nie omrede ek my seun self wil groot maak tot hy bietjie ouer is om na ''n dagmoeder toe te gaan. Die probleem wat ek nou het is die feit dat hy elke maand my geld laat inbetaal en al my debietorders gaan nie deur nie en ek moet onnodige bankkostes betaal. Wat kan ek daaromtrent doen?
Die ander ding is die feit dat hy beide voogskap oor ons seun soek, maar ek wil alleen voogskap hê , hy kan ons seun enige tyd sien onder my toesig tot en met die ouderdom van 6 jaar en na 6 jaar kan ons weer hof toe gaan om dit verder te vat. Hy is in my oë  nie ''n goeie pa nie, hy wou skei toe ons seun 3 weke oud was en het in hierdie 7 maande maar 2 keer moeite gedoen om ons seun te sien. Hy het ''n dogter van 6 jaar oud en verlede jaar het sy by hom gaan kuier en hy het dronk geraak saam met sy pelle terwyl die kind by hom was dit is hoekom hy ons seun onder toesig kan sien. Kan ek wel so iets aan die hof rig of nie? Baie dankie dat jy ons help met al ons probleem vrae.

Lekker dag verder.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageFamily law expert

Indien die hofbevel bepaal dat hy op 'n gegewe dag moet betaal sou sy optrede om nie op die spesifieke dag te betaal nie op minagting en nie-nakoming van die bevel neerkom. Jy moet hom waarsku dat indien hy in die toekoms weer laat sou betaal jy die hof sal nader op grond van sy versuim. Voogdyskap moet onderskei word van toegang. Die vader en moeder is beide voogde met gelyke seggenskap, behalwe dat beide se toestemming nodig is met betrekking tot sekere spesifieke aangeleenthede of handelinge, soos uiteengesit in die Wet op Voogdy, Nr 192 van 1993. Dit het onder andere betrekking op huweliksluiting deur die kind en die afgee van die kind vir aanneming. Die feit dat julle beide voogdyskap sou he maak geen impak op die toegangaspek nie. Voordat die hof 'n egskeidingsbevel sal uitreik, moet daar besluit word wie na die kinders gaan omsien - hulle toesig en beheer. Die ouers kan 'n reëling tref of die hof kan besluit. Die belangrikste oorweging wanneer daar besluit word oor watter ouer toesig en beheer moet verkry, is die beste belang van die kinders. Die Gesinsadvokaat by die hof kan help om te bepaal watter ouer die beste in staat is om na die kinders om te sien en kan, indien nodig, die kinders in die hof verteenwoordig. Jy sal volkome binne jou regte optree om te weier dat die kind na hom gaan indien hy hom skuldig maak aan die gebruik van alkohol.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: family law expert | 2010/04/15

Indien die hofbevel bepaal dat hy op 'n gegewe dag moet betaal sou sy optrede om nie op die spesifieke dag te betaal nie op minagting en nie-nakoming van die bevel neerkom. Jy moet hom waarsku dat indien hy in die toekoms weer laat sou betaal jy die hof sal nader op grond van sy versuim. Voogdyskap moet onderskei word van toegang. Die vader en moeder is beide voogde met gelyke seggenskap, behalwe dat beide se toestemming nodig is met betrekking tot sekere spesifieke aangeleenthede of handelinge, soos uiteengesit in die Wet op Voogdy, Nr 192 van 1993. Dit het onder andere betrekking op huweliksluiting deur die kind en die afgee van die kind vir aanneming. Die feit dat julle beide voogdyskap sou he maak geen impak op die toegangaspek nie. Voordat die hof 'n egskeidingsbevel sal uitreik, moet daar besluit word wie na die kinders gaan omsien - hulle toesig en beheer. Die ouers kan 'n reëling tref of die hof kan besluit. Die belangrikste oorweging wanneer daar besluit word oor watter ouer toesig en beheer moet verkry, is die beste belang van die kinders. Die Gesinsadvokaat by die hof kan help om te bepaal watter ouer die beste in staat is om na die kinders om te sien en kan, indien nodig, die kinders in die hof verteenwoordig. Jy sal volkome binne jou regte optree om te weier dat die kind na hom gaan indien hy hom skuldig maak aan die gebruik van alkohol.

Reply to family law expert
Posted by: G-Dad | 2010/04/13

Solankk hy die geld voor die 7 de in betaal kan jy niks doen nie, voogskap is ''n reg en niemand kan dit van enige ouer af wegneem nie, dus vergeet van alleen voogskap. Daar moet ''n goeie rede wees hoekom hy ''n kind wat ouer as 5 is onder toesig moet sien.

Die howe staan dees dae gelyke beheer en regte toe vir albei ouers en een ouer se huis sal die kind se primê re woning wees, jy sal moet kan bewys dat die pa ''n gevaar vir die kind is om toegang onder toesig af te dwing. As die hof in die reë l 43 beveel het dat die pa die kind onder toesig moet sien en daar nog nie ''n gesins advokaat ondersoek was nie, en die gesins advokaat beveel aan dat die pa die kind onder toesig moet sien dan is daar ''n moonlikheid dat die howe sy toegangs regte onder toesig laat geskiet, maar in meeste gevalle gee die howe hom wegneem regte wat moonlik deur ''n maatskaplike werker gemonitor moet word.

Reply to G-Dad

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement