advertisement
Question
Posted by: QED | 2008/08/08

Tussen-rib spiere baie seer

Hi Dr,

Dis nou so twee weke na ' n geweldige bors/long infeksie wat my omtrent vir 6 weke aaneen laat hoes het. Op een stadium was my ribbekas so seer ek kon skaars loop en ordentlik asem haal (was heeltyd so half kort asem omdat ek nie my longe behoorlik kon vul met lug nie...ribbes was net te seer!)
Ek het toe sommer inti-inflamitoriese pille (Mypaid) by apteek gekry om my net deur die " pyn"  te help - ek het dit seker so twee dae geruik, toe was die seer baie beter. Ek het nou al twee weke ophou hoes, maar ek het nog steeds seer tussen my ribbes (regterkant van my lyf). Die seerplek sit so half regoor my elmboog as dit langs my lyf hang meer na my rug se kant toe - op die plek waar jou ribbes die kromming maak om na voor te kom na jou bors. Ek kan duidelik voel die seer is op my ribbes as ek daar druk en nie na binne toe nie. Ook as ek my asem diep intrek kan ek dit daar voel. Partykeer voel dit asof dit half seer raak na die onderpunt van my ribbe ook (heup se rigting). Iemand het gister vir my gesê  dit kan mantelvlies ontseking wees??? Waarvan sal mens dit kry?

Die laaste keer toe by my dr was, was hy nie te bekommerd daaroor nie en het gesê  mens kan tot jou ribbes kraak van sulke hewige hoesbuie soos ek gehad het - gebeur glo veral met ou mense. Ek wil graag weet kan ek probeer om vir so twee tot drie dae weer Mypaid (of enige ander anti-inflamitoriese medisyne wat jy kan aanbeveel sonder voorskrif) te drink om te kyk of dit help? Ek hou nie juis van inti-inflamitoriese medisyne omdat ek gehoor het dit kan jou niere op die lang duur beskadig.

Kan ek maar begin om weer mountain bike te ry of moet maar wag tot seer weg is?

Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Soos jou dokter jou verwittig het, is dit moontlik dat skade aan jou ribbes aangerig kan word as gevolg van hewige hoes buie. Daarom stel ek voor dat jy 'n borskas x-straal laat doen om vas te stel of jou ribbes gekraak is.

Intussen kan jy Vioxx tablette 15mg, 1 oplosbare tablet per dag, gebruik. Die uiteindelike behandeling, sal egter afhang van die uitslae van die x-straal. Ek stel voor dat jy eers wag met die fietsryery tot en met jy die x-straal laat neem het.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Amelia | 2013/07/28

Ek het iets wat my pla in my keel dan hoes ek aanmekaar tot ek steek pynne kry in my bors en arms en ek het gesig pyn en lyf seer en my oe het pers ringe om ...Wat is dit griep of verkoue ,ek eet ook sleg ...

Reply to Amelia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement