advertisement
Question
Posted by: Lisa | 2008/12/04

Triphasil/Yasmin

Ek het voorheen Triphasil gebruik en omtrent drie maande terug oorgegaan na Yasmin - ek het gevra vir iets anders omdat ek sukkel met pigmentasie vlekke hoewel dit nie vir my lyk of daar juis ' n verbetering is nie. Nou wil dit vir my voorkom of besig is om gewig/water terug te hou gedurende die eerste twee weke wanneer ek begin met die pakkie. Ek gaan gym toe 6 keer per week, maar kry net nie die laaste 5kg verloor wat ek graag sou wou nie. Gelukkig bly tel ek darem nie op nie! Ek wil net graag weet is Yasmin daartoe geneig dat ' n mens sal gewig op tel of water terug hou as Triphasil. Ek oorweeg dit om terug te gaan na Triphasil - watter een (of iets anders) sou u aanbeveel. Baie dankie vir u advies.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Alhoewel ek 'n man is en dit nooit self sal gebruik nie, verkies ek beslis Yasmin bo Triphasil tensy jy 'n pil so sterk as triphasil nodig het. Water retensie is algemeen wanneer 'n nuwe pil gebruik word en jou liggaam mag tyd nodig he om aan te pas.
Andersins kan jy vir jou dokter vra om 'n pil voor te skryf met selfs nog 'n laer estrogeen inhoud.

Vir die pigmentasie vlekke het eg egter my bedenkinge oor die effektiwiteit hiervan

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement