advertisement
Question
Posted by: Wilma | 2010/06/10

Trepiline behandeling

Hallo Dokter Bets.

Dis lekker om weer met jou te gesels. Hoop dit gaan nog goed.

Baie dankie vir Dokter se ondersteuning. Dit gaan baie beter met my. My huis dok. het my op trepiline gesit (25mg in die aand en 10mg in die oggend). Ek voel baie beter en slaap lekker in die aande en cope beter in die dag. My mense kan ook nou weer met my huishou! Ek was nog nooit voorheen op kannie worry pille nie en hoop net nie op die lang termyn dat dit sleg kan wees vir my nie.

Wat dink Dokter van trepiline?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Wilma
Dit is nie gevaarlik nie, is 'n "ou bekende" maar baie effektiewe middel. Probeer dit vir ten minste 6 maande drink, anders kry mens net terugvalle. Dit is nie verslawend nie en jy sal jouself geleidelik daarvan kan speen na 6 maande. As jy baie beter voel na so 3 maande kan mens dalk die oggend dosis begin uitlos en kyk hoe dit gaan. Ek is bly jy voel beter!
(PS As jy dalk bietjie gewig optel, is dit dalk van die Trepilene maar jy sal dit weer verloor as jy ophou)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: ellen | 2016/05/10

Kan ek tripteliene drink 25 mg in die aan saam my slaap pil stilnox 10mg

Reply to ellen
Posted by: V.Rademeyer | 2010/09/14

HI, is it safe to take Trepiline after having a stroke?

Reply to V.Rademeyer
Posted by: lynn | 2010/06/11

Ek gebruik al vir ''n hele paar Tripeline (geel pilletjie) waarvan ek 1 saans drink saam met ''n Purata om rustig te kan slaap.
Kan nie dink hoekom mense belaglike duur en verslawende middels wil gebruik as hierdie pilletjies so effektief werk nie.


Reply to lynn
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/10

Hallo Wilma
Dit is nie gevaarlik nie, is 'n "ou bekende" maar baie effektiewe middel. Probeer dit vir ten minste 6 maande drink, anders kry mens net terugvalle. Dit is nie verslawend nie en jy sal jouself geleidelik daarvan kan speen na 6 maande. As jy baie beter voel na so 3 maande kan mens dalk die oggend dosis begin uitlos en kyk hoe dit gaan. Ek is bly jy voel beter!
(PS As jy dalk bietjie gewig optel, is dit dalk van die Trepilene maar jy sal dit weer verloor as jy ophou)
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement