advertisement
Question
Posted by: Liezel | 2011/01/14

trapfietse

dokter dus al weer ek,dokter in my 3de laaste email wat ek vir u gestuur het,het ek vir u gese dat ek oefeninge met my eie diet doen-oefeninge soos tae-bo,touspring of op die treadmill is vir 30-45 minute,dit het resultate gelewer totdat ek uit gevind het dat hierdie oefeninge my bloeddruk laat styg,oor die algemeen ly ek aan hoe bloeddruk maar het nie gedink dat die oefeninge nadelig sal wees vir my bloeddruk nie.My dokter het my af gehaal van my eie diet en my op die DASH diet vir hoe bloeddruk gesit en i trapfiets aan beveel,my pa het my toe gister met een verras maar dus nie so modern nie dus nog van daardie ou trapfietse wat geen spoed,hartklop of die meters aandui nie,My vraag is sal 30 minute -5 dae i week( of dalk 30 minute in die oggend en 30 minute in die aand) met hierdie trapfiets tot gewig verloor lui.Ek hoor ook om gewig te verloor met i trapfiets moet jy 4 minute teen i lae spoed trap,dan 20 minute teen i vinnige spoed en dan 6 minute weereens teen i lae spoed.Weet dokter dalk enige iets daarvan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liezel
Goed om weer van jou te hoor. Die 'DASH Diet' is spesiaal in die VSA ontwerp om mense met hoë bloeddruk te help. Jy kan meer daaroor lees op hierdie Webwerf - klik op 'Diet'nFood' en doen dan 'n soektog met 'Dash Diet'. Aangesien die 'Dash Diet' 'n lae-vet dieet is, sal dit ook help met gewigsverlies. Dit is uitstekend dat jou Pa vir jou 'n trapfiets gekoop het - gawe Pa! As jy 30 min per dag op die fiets oefen dan behoort die te help met gewigsverlies. Ek sal voorstel dat jy begin met 30 min op dieselfde vlak van moeilikheid en dieselfde spoed, totdat jy daaraan gewoond is, en begin fikser word. Daarna kan jy begin met die afwisseling van stadige en vinnige spoed wat wel vir 'n mens laat harder oefen. Gewoonlik word dit aanbeveel dat mens 5 min stadig, 10 min vinnig, 5 min stadig, 10 min vinnig en dan 5 min stadig oefen op die fiets. Moet dit asb nie oordoen nie want dan sal jy weer jou bloeddruk laat styg - stadig oor die klippe!Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Liezel | 2011/01/17

baie dankie dokter.

Reply to Liezel
Posted by: DietDoc | 2011/01/14

Beste Liezel
Goed om weer van jou te hoor. Die 'DASH Diet' is spesiaal in die VSA ontwerp om mense met hoë bloeddruk te help. Jy kan meer daaroor lees op hierdie Webwerf - klik op 'Diet'nFood' en doen dan 'n soektog met 'Dash Diet'. Aangesien die 'Dash Diet' 'n lae-vet dieet is, sal dit ook help met gewigsverlies. Dit is uitstekend dat jou Pa vir jou 'n trapfiets gekoop het - gawe Pa! As jy 30 min per dag op die fiets oefen dan behoort die te help met gewigsverlies. Ek sal voorstel dat jy begin met 30 min op dieselfde vlak van moeilikheid en dieselfde spoed, totdat jy daaraan gewoond is, en begin fikser word. Daarna kan jy begin met die afwisseling van stadige en vinnige spoed wat wel vir 'n mens laat harder oefen. Gewoonlik word dit aanbeveel dat mens 5 min stadig, 10 min vinnig, 5 min stadig, 10 min vinnig en dan 5 min stadig oefen op die fiets. Moet dit asb nie oordoen nie want dan sal jy weer jou bloeddruk laat styg - stadig oor die klippe!Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement